Senwes Scenario March - May 2021 | Page 31

LANDBOUKUNDIG

ENT IN EN STUIT

KNOPVELSIEKTE

BETYDS

Met die bo-normale reënval wat regoor die land voorkom , word produsente gewaarsku om op die uitkyk te wees vir verhoogde insekpopulasies wat tot siektetoestande soos knopvelsiekte kan aanleiding gee .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Die probleem met ʼn toestand

soos knopvelsiekte is dat daar baie min gedoen kan word sodra die siekte eers voorkom en daarom moet produsente voorkomend optree om produksieverliese en vrektes te voorkom .
MEER OOR KNOPVELSIEKTE Knopvelsiekte word deur ʼn pox-virus veroorsaak en het permanente huidskade en skerp dalings in die vrugbaarheid en produktiwiteit van ʼn kudde tot gevolg . Die siekte word hoofsaaklik deur bytende insekte oorgedra en die meeste gevalle kom dit gedurende laat somer en vroeë herfs voor tydens jare van bo-ge- middelde reënval . Die siekte kan ook binne-in kuddes versprei waar diere drink- en voerbakke deel , deurdat besmette diere se speekselafskeiding in die voerbakke beland . Koeie kan ook hul kalwers deur besmette melk aantas . Nog ʼn manier waarop die siekte versprei is wanneer die mens besmette naalde tussen beeste deel , byvoorbeeld deur inenting of kunsmatige inseminasie .
Die gevaar bestaan voorts dat alle ongeënte beesrasse vatbaar is , terwyl kalwers van ongeënte koeie ook vatbaar is . Kalwers van koeie wat geënt is , word beskerm tot op ongeveer ses maande .
LET OP HIERVOOR Beeste ontwikkel ʼn koors en toon te- kens soos verhoogde speeksel- , traan- en neusafskeidings . In sommige gevalle kan daar ook bindvliesontsteking ( konjunktivitis ) in die oog voorkom , terwyl vergrote limfknoppe oral oor die lyf sigbaar is .
Besmette beeste kry gevolglik ʼn knopuitslag van ongeveer 1 tot 5 cm in deursnee op die vel . Dié uitslag is veral prominent op korthaarbeeste . Omdat die letsels soms dieper as net die vel is en tot in die seningskedes van die bene strek , kan dit mankheid en onderhuidse edeem veroorsaak .
Sekondêre longontsteking kan ook as ʼn nagevolg voorkom in gevalle waar lugwegverswering plaasvind . In gevalle waar letsels ook op die skrotum voorkom , kan dit aanleiding gee tot die ontsteking van die testes , wat tydelike of selfs permanente onvrugbaarheid tot gevolg kan hê . Speenletsels aan die ander kant kan tot mastitis en verlies aan uierfunksie lei .
Koeie wat met knopvelsiekte besmet is , toon ʼn skerp daling in melkproduksie .
VOORSORG IS BETER AS NASORG
Omdat die behandeling van die siekte slegs simptomaties is , word voorkomende optrede in die vorm van inenting bepleit . Vatbare diere moet jaarliks geënt word voor insekpopulasies toeneem , en LUMPYVAX ® word aanbeveel . Dié entstof is ʼn lewende ( verswakte ) entstof en daar moet op die volgende gelet word :
• Daar kan ʼn tydelike afname in melkproduksie van melkbeeste wees .
• Diere jonger as ses maande van geënte koeie moet nie geënt word nie .
• Kalwers gebore van ongeënte koeie moet so vinnig as moontlik geënt word .
• Dragtige koeie kan ook geënt word . Besoek gerus jou naaste Hinterlandtak vir ʼn spesiale aanbod op Lumpyvax 100 ml .
SENWES SCENARIO | HERFS AUTUMN 2021 29