Senwes Scenario Maart - Mei 2020 | Page 6

Tema: Oestyd LANDBOUKUNDIG Senwes Grainlink ondersoek die stand van lande en gewasse op PLANTTOER Senwes Grainlink Groepintelligensie het vanaf 16 tot 23 Januarie die lande van die Noordwes, Vrystaat, Mpumalanga en Gauteng tydens hul jaarlikse planttoer besoek. Die doel van die toer was om die aangeplante hektare te bepaal, die verspreiding van geplante gewasse, hoe vroeg of laat aanplantings gedoen is, asook die toestand van die gewasse. Hansie Swanepoel Senwes Markanalis W aarnemings is op twee wyses gedoen. Kwalitatiewe waarne­ mings is gedoen ten opsigte van die produksiepotensiaal van aange- plante lande per gebied, asook opnames van onbewerkte of lande wat nog nie geplant is nie. Lande in spesifieke lig- gings is ook geëvalueer en vergelyk met lande in die onmiddellike omgewing. NOORD-VRYSTAAT, MPUMALANGA EN GAUTENG Eerste aan die beurt op 16 en 17 Januarie was die Noordoos-Vrystaat, Mpumalanga en Gauteng. Die observasie was dat Noord-Vrystaat se gewasse hierdie sei­ soen beter vertoon het as die vorige seisoen - veral sojaboonaanplantings toon meer belofte. Die gebied tussen Kroonstad en Heilbron het, soos in die verlede, weer hierdie seisoen met aan- plantings gesukkel, aanplantings is jonk en plek-plek vertoon die mielies nie goed 4 nie. Tussen Heilbron, Reitz en Frankfort is ge­wasse ook laat geplant. Heelwat mie­ lies was slegs kuithoogte. In die Vrede- en Standertongebied vertoon gewasse beter as verlede jaar, met veral sojabone wat hierdie jaar heelwat beter daar uitsien. In Mpumalanga lyk die gewasse goed, hoewel heelwat later as verlede jaar. Tydens die 2019-toer was die meeste mielies reeds in in die bestuiwingstadium en hierdie jaar is meeste van hierdie mie­ lies slegs borshoogte. Wat wel opmerklik was, is die swaai van sojabone na mielies. Die gebied tus- sen Kroonstad en Heilbron het heelwat lande wat ongeplant is, wat ook ’n impak op aangeplante hektare kan hê. Die aan- tal lande wat as ongeplant gemerk is, is wel wesenlik laer as laas jaar. Die Noordoos-Vrystaat het sover 53,4% mielieaanplantings teenoor 20,7% soja­ bone, 3,7% sonneblom en 16,8% lande is nie geplant nie. In die gebied tussen Parys en Potchefstroom is 90% mielies aangeplant met geen van die ander gewasse tot op hede nie. Die gebied tus- sen Parys, Weiveld en Koppies is uniek SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020 met ’n amper eweredige verspreiding tus- sen mielies (44,6%) en sojabone (42,9%). Die gebied tussen Reitz en Frankfort weerspieël ook amper dieselfde scenario, met 36,5% mielies en 46,2% sojabone. Mpumalanga se mielieaanplantings staan op 68,2%, sojabone op 29,7%, sonneblom op 0%, met slegs 1% van die lande wat nog nie aangeplant is nie. Daar was by amper al die streke ’n goeie ver- spreiding van mielies teenoor sojabone, veral tussen Standerton en Morgenzon (58,2%, 41,8%) asook tussen Carolina en Belfast (59,5%, 40,5%). ’n Ooreenstemmende aanplantingsce- nario is ook in Gauteng bespeur, met 67,6% mielieaanplantings, 25,8% soja­ bone, 2,7% sonneblom en ook hier was min onbewerkte lande. Dit is interessant dat daar ’n gelyke verdeling tussen mielies en sojabone by Nigel en Heidelberg is. NOORDWES Die Noordwes provinsie was op 20 en 21 Januarie volgende op die agenda, Hierdie gebied vertoon vanjaar goed en die noor- 06