Senwes Scenario Maart - Mei 2020 | Page 42

RUBRIEK Kos vir die siel Milanie Vosloo Met min kan Hy baie doen D is heel normaal om te voel dat mense wat die regte waardes leef, leiers wat met integriteit lei en diegene wat die waarheid onderstreep, al hoe minder word. Dit kan ’n mens selfs bang maak. Totdat ons weer die verhaal van Gideon lees. Verlede maand het ons weer onthou hoe Gideon tekens van God wou hê dat dit regtig hý is wat die volk moet bevry. Hier lees ons dan hoe Gideon meer as 44 000 manne bymekaarmaak vir die geveg teen die magtige Midianiete. Nee, sê God, dis te veel. “Sê vir die manskappe elkeen wat bang is om te gaan veg, mag van die Gileadberg af wegdraai en terug- gaan huis toe.” Net 10 000 bly oor! En weer sê God dat dit te veel is en sif Hy die manne verder uit totdat net 300 oorbly. Die res is geskiedenis. Die vyand word verslaan en hulle het nooit weer herstel nie (Rigters 8:28). Dieselfde God wat met ’n klein klompie dapper manne duisende mense kan verslaan, regeer vandag nog! En steeds sê Hy: “Ek is dan saam met jou!” (Rigters 6:16). Miskien moet ons net weer vandag onthou: • Die waarheid het ’n manier om – ongeag die sneeubalef- fek van die leuen – altyd iewers ’n einde aan iets te bring. • Ons Vader dryf – selfs in tye wat dit lyk of dinge heeltemal ontspoor – steeds die lewenslokomotief. • God het ’n manier om – afgesien van die dinge waaroor ons nie beheer het nie – tog wonderwerke te laat gebeur op maniere wat ons glad nie verwag nie. • Hy werk nie met getalle nie, maar met en deur ’n klein klompie gelowiges se harte. • Gebed kan meer doen as wat ons of enige een kan ver- wag. • God het my en jou nodig om ook in hierdie land wonder- werke te laat gebeur. God kan met min alles doen. Met niks die wêreld skep. Met dapper gelowiges ’n lewe van oorwinning bly bou. Ons moet maar net gehoorsaam, gewillig en binne Sy genade bly. Vader, dankie dat U aan my hoop en verwagting gee. Help my om dit te leef. 40 SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020 Wen Milanie Vosloo se nuwe boek SIMFONIE VAN SEËN Topverkoperouteur Milanie Vosloo, wat die geloofsrubriek Kos vir die Siel vir Senwes Scenario skryf, neem lesers met haar nuwe boek Simfonie van Seën op ’n jaarlange reis om God se goedheid en seën elke dag in hulle lewens te ervaar. Want God se wens vir elke vrou is dat sy gelukkig en vervuld sal wees. Die 52 weke van die jaar is volgens temas gerangskik wat sy met sorg uitgekies het. Met 5 dae se oordenkings, ’n gebed vir dag 6 en geleentheid vir nadenke op dag 7, sal hierdie pragtige dagboek jou moed en krag gee in die tye wanneer die lewe oorweldigend voel, tye van seerkry wanneer jy vertroos­ ting nodig het, maar ook vreugde en blydskap in die tye wan- neer dit met jou goed gaan en jy voel die lewe is ’n lied. Die boek spog met 372 pragtig-ontwerpte tweekleurbladsye en is ’n ideale geskenk vir elke vrou in jou lewe of selfs net ’n lekker bederfgeskenk aan jouself. Wen met Senwes en Cum Uitgewers Wen met Senwes en Cum Uitgewers. Een gelukkige leser kan ’n kopie van Simfonie van Seën wen. SMS slegs Senwes, Cum, jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 31 Mei 2020. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompetisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za.