Senwes Scenario Maart - Mei 2020 | Page 38

MARKTE Hoe om die Maart/Julie prysverskil te benut Die bemarkingsjaar word tans gekenmerk deur ’n geskarrel na fisiese voorraad om aan die plaaslike en buurlande se vraag te voldoen. Premies wat betaal word is hierdie jaar op die meeste liggings groter as ooit. Die vraag volg op sterk, volgehoue plaaslike verwerking, dieregebruik asook goeie vraag vanuit Zimbabwe en Mosambiek. Die ouseisoenkontrakte, veral Maart se pryse, verhandel tans sterk. Hansie Swanepoel Senwes Markanalis D ie nuwe aanplantings word, ten tye van hierdie skrywe, op 2,54 miljoen hektaar geraam. Teen ’n 5-jaar gemiddel- de opbrengs van 5,01 ton/hektaar, kan die oes reeds op 12,73 miljoen ton geraam word – hoër as die binnelandse vraag. Hierdie situasie word reeds in die Julie kontrak se pryse gesien, met pryse wat nader aan invoerpariteit verhandel. MAART/JULIE PRYSVERSKIL Die verskil in die Maart en Julie witmielie­pryse is, ten tye van hierdie skrywe, sowat R600/ton, met Maart wat hoër as Julie is. Indien daar histories gekyk word na die prysverskil tussen dié twee maande, word gesien dat die prysverskil 27,5% van die tyd hoër as R200/ton is, maar slegs 7,2% van die tyd onder R600 is. Dit impliseer dat die huidige prysverskil histories groot is en benut moet word. 36 SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020 HOE DIE MAART/JULIE PRYSVERSKIL BENUT KAN WORD: Die Maart/Julie prysverskil kan grafies hieronder gesien word. ’n Produsent wat fisies mielies het, kan hierdie prysverskil benut deur die Maart/Julie spread te koop. Dit beteken dat die fisiese mielies in Maart verkoop word en terselfdertyd in Julie terugge- koop word. Die fisiese mielies word op die kontantmark verkoop en die produsent kan die premie wat beskikbaar is, sowel as rente wat op die opbrengs verdien word, benut. Die opbrengs word dan in Julie gebruik om die fisiese mielies weer terug te koop teen ’n laer vlak – die produsent is in dieself- de posisie as vroeër, maar het die verskil tussen Maart en Julie, sowel as enige premie wat in Maart verdien kan word, as wins oorgehou. PRAKTIES: Om hierdie transaksie suksesvol af te handel, verg tegniese ken- nis van die fisiese mark. Die tonne moet bemark word en weer op ’n later stadium op dieselfde ligging teruggekoop word. Vir hulp hiermee is jy welkom om jou bekwame graanbemarker of Safex makelaar te skakel.