Senwes Scenario Maart - Mei 2020 | Page 34

GRAANMAKELAARS Witmielieverskansingsalternatiewe Invloedryke markprysdrywers Die twee vorige artikels het gefokus op die agtergrond en resultate van ’n studie waar nege alternatiewe witmielieverskansingstrategieë vergelyk is vanaf die 2002/03 tot en met die 2018/19 produksiejaar. Die volgende twee artikels is daarop gemik om praktiese insig te gee oor hoe ’n mens die seisoenale prysontwikkelingsverwagting kan evalueer ten einde te besluit oor ’n meer optimale prysrisikobestuursalternatief. In die eerste artikel word al die faktore wat ingesluit is, geïdentifiseer en die tweede artikel sal resultate ver- vat wat uit die analise verkry is.  Frans Dreyer Bestuurder: Senwes Graanmakelaars P rysvorming in elke mark is hoof- saaklik gebaseer op die inter- pretasie van en reaksie op nuwe inligting deur rolspelers. Die aanpassings van markpryse gebaseer op ’n logiese of algemene verwagting van die impak van veranderinge in invloedryke markprys- 32 drywers, vorm die basis vir effektiewe prysvorming. Dit is dienooreenkomstig sinvol om die invloedryke faktore of dry­ wers van die JSE APD witmielieprys in ag te neem. Die hoofdoel is om verskillende produk­ sieseisoene met mekaar te vergelyk deur ooreenkomste tussen hierdie invloed­ryke markfaktore of markdrywers te probeer bepaal en die mark daarvolgens te karak- teriseer. Daarna kan ’n optimale verskans- SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020 ingstrategie vir 'n spesifieke tipe seisoen vooraf geïdentifiseer word in aanloop tot ’n nuwe seisoen namate sekere ooreen- komste tussen invloedryke markdrywers duidelik word. Om die ooreenkomste te identifiseer, is al die faktordata ingesluit deur middel van persentielgroepering. Dit beteken dat hierdie faktore ’n spesifieke waarde op ’n spesifieke tydstip aanneem en die groepering van hierdie waardes 34