Senwes Scenario Maart - Mei 2020 | Page 33

JAG EN WAPENS doppe gebruik met ronde skouers. Die Weatherby kalibers is bekend vir hulle vinnige spoed en relatiewe hoë druk. Weatherby se liefde vir hoëdrukkalibers het hom genoop om ’n aksie te ontwerp wat die druk van sy kalibers kan hanteer. In 1958 het Roy die Mark V-slotaksie bekendgestel, wat die hoë druk van die Weatherby kalibers kan hanteer. Deur die jare was daar baie wapen­ smede wat doppe ontwerp het. Nuwe kalibers wat die laaste 20 jaar die mark betree het, spog met voorletters of name in die benaming van die kaliber. Agtervoegsels soos PPC en Creedmoor begin meer bekend raak. Die ontwerpers ontwerp meestal ’n dop waarvan die lengte en hoek van die skouers verskil van ander dopontwerpe. Die drie tipes ontwerpe bly egter die basis van alle kalibers. SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020 31