LANDBOUKUNDIG
13,8 mm
Laagste reënval in die
voorseisoen in 104 jaar
Die afgelope 2019/2020 voorseisoen in Suid-Afrikaanse
landbou se somerreënvalgebied, was die droogste in
104 jaar. Dit is volgens reënvalstatistiek wat deur 27
weerstasies in die somerreënvalgebied verskaf is, wat data
sedert die 1915/1916-seisoen versamel.
Aubrey Kruger
Senwes Senior Joernalis
S
enwes senior graananalis,
Thys Grobbelaar, vertel dat die
2019/2020 voorseisoendata
vanaf 1 Mei tot 31 Oktober 2019
die ou droogterekords verpletter het met
’n gemiddelde reënval van slegs 13,8 mm.
Dis die laagste ooit en 103,6 mm laer as
die 104-jaar gemiddeld (117,4 mm). Dit het
ook die 86-jarige rekord en vorige laagste
voorseisoenreënval gedurende dié tydperk
van 35,2 mm in 1933/34 oortref.
Dié weerstasies se hoogste reënval-
syfers in die tydperk was skokkend laag,
met Wonderfontein met ’n skamele 50,5
mm heel bo-aan die lys, gevolg deur
Middelburg met 39,9 mm, Piet Retief met
36,7 mm en Ermelo met 30,1 mm.
Aan die onderpunt het Potchefstroom
die laagste reënval ontvang met slegs
0,4 mm, gevolg deur Bloemhof (1,4 mm),
Ventersdorp (2,9 mm), Delareyville (3,0
mm), Schweizer-Reneke (4,7 mm) en
Klerksdorp (4,8 mm) oor die tydperk.
Grobbelaar het verder genoem dat
hoewel rekordreënval in April 2019 aan-
geteken is, en dit baie gehelp het, sit die
gronde wat nie die vermoë het om vog op
te gaar nie, met ’n dilemma. Van die 118
mm gemiddelde reënval in April 2019, het
ons niks meer oor nie.
Wat hierdie data verder uniek maak, is
dat die laaste dekade in die somerreën
valstreek (2010’s) drie van die top 15
droogste voorseisoene sedert 1915 insluit,
met 13,8 mm in 2019/2020, 51,2 mm in
2014/2015 en 57,4 mm in 2011/2012.
Tydens vier van hierdie jare was die reën-
val laer as die gemiddeld en drie jare was
dit net bo die gemiddeld.
Met drie van die droogste voorseisoene
in die 2010’s, het die 1970’s, 1980’s en
1990’s geen van die 15 ergste voorseisoen-
droogtes gesien nie, die 1930’s het vier
van die laagste 15 ingesluit met 35,2 mm
(1933/34), 45,8 mm (1937/38), 49,1 mm
(1930/31) en 56 mm (1935/36). Anders
as nou, het die 1930’s wel ’n uitskieter nat
voorseisoen beleef met 181,5 mm (1934/35)
en 179,6 mm (1939/40).
Die 2010’s is die eerste dekade waar
daar geen uitskieter nat voorseisoene was
nie - die laaste 22 jaar, wat slegs twee
baie nat voorseisoene beleef het, met die
199,0 mm van 1997/1998 en 212,0 mm van
2007/2008.
Om sake in perspektief te stel - in teen-
stelling met die droogste voorseisoene,
was die natste voorseisoene volgens die
statistiek as volg: ❶ 323,2 mm (1957/58),
❷ 265,9 mm (1943/44), ❸ 245,1 mm
(1918/19), ❹ 228,0 mm (1987/88), ❺ 224,7
mm (1929/30), ❻ 212,3 mm (2007/08),
❼ 207,8 mm (1979/80), ❽ 213,0 mm
(1944/45), ❾ 199,0 mm (1997/1998) en ❿
IMPLIKASIES VAN ’N REKORD
DROË PERIODE OPGEVOLG
DEUR ’N BOGEMIDDELDE
NAT PERIODE
Senwes Scenario het by Senior
Graananalis, Thys Grobbelaar uitgevind
wat die uiterste droë periode van Mei
tot Oktober 2019 en die bogemiddelde
nat periode daarna (November 2019 tot
Januarie 2020) vir produsente en die
mark beteken.
Uit hierdie ontleding van die reën-
valdata van die afgelope 104 jaar, is dit
duidelik dat die reënval in die sentrale
gedeelte van die somerreënvalgebied
op ’n seisoenale basis nie verminder
het nie. Dit blyk dat daar wel ’n verskui
wing van die reënval is na later in die
seisoen. Veral die Augustus, September
en Oktober reënval is die afgelope aan-
tal jare minder en die Januarie tot April
reënval meer.
Dit het ’n paar implikasies vir
produsente. Droëlandkoring floreer
nie onder dié omstandighede nie,
omdat goeie lentereëns goeie koring
oeste verseker en die lentereën
kom nie meer so geredelik voor nie.
Koringaanplantings in die sentrale
somerreënvalgebied het om hiérdie
rede drasties afgeneem.
Tweedens het die beskikbare plant-
venster vir gewasse soos mielies en
sojabone verkort, wat groot eise aan die
produsent stel om wel gedurende die
optimale planttyd te kan plant. Verdere
kenmerkende van die reënval die afge-
lope paar seisoene is die groot vari-
asies wat voorkom namate rekord lae
reënvalperiodes afgewissel word met
rekord hoë reënvalperiodes. Gevolglik is
grondvogbestuur van kardinale belang
vir die gewasprodusent.
194,7 mm (1988/89).
Maar wat leer ons hieruit? Dat ons
veggees moet openbaar, mekaar moet
bystaan en nie moed opgee nie. Ons moet
aanhou bid vir reën. Reën bring nie slegs
verligting nie, maar daarmee saam ook
moed.
SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020
17