Senwes Scenario Maart - Mei 2020 | Page 16

Senwes produsent AC van Wyk van ACH Boerdery wat geleë is in die Bultfontein omgewing. PRODUSENTFOKUS 13 | ’n Boer maak ’n plan teen die oortoepassing en misbruik van tegno­ logie – “Jy moet voor op die wa wees maar nie voor van die wa af val nie". verstaan. “Wanneer jy die regte strategie volg, maak dit soveel ander deure vir jou oop wat dan kan oorspoel tot bemagtiging van mense en ’n positiewe effek op die omgewing. Wanneer ’n land se ekono­mie wen, wen almal. Wanneer ’n boer­dery se ekonomie wen, kan almal soveel meer daarby baat.” VENNOOTSKAPPE IN LANDBOU Besef dat ons verseker nie alleen in die wêreld is nie. Ons het mekaar nodig en moet verseker dat goeie energie uit ’n kollek- tiewe poging genereer word. Daar is baie voorbeelde van goeie aksies wat voorspruit uit vennootskappe tussen boerderye, tussen personeellede asook vennootskappe tussen buite-instansies soos georganiseerde landbou. TEGNOLOGIE Daar is ’n golf van tegnologie wat oor die wêreld spoel en wat boerdery insluit. ’n Mens moet die goeie daaruit neem want dit speel ’n groterwordende rol. Kyk byvoorbeeld na WhatsApp - ons almal ge­bruik dit en dit kos ons niks. Ons moet egter ook waarsku EX CIT ING MENTORSKAP VAN JONG PRODUSENTE Elke produsent en boerdery skep ’n orga­nisa­ toriese kultuur, bewustelik of onbewustelik. Dit word geskep deur die integriteit waarmee jy met almal omgaan en kan die basis van mentorskap vorm. “Jy kan ’n lyn tussen die beginnerboere trek, die wat weet waarheen hulle op pad is, en die wat glad nie gedink het oor waarheen hulle wil gaan nie en bloot net doen. Toe ek begin boer het, het ek reeds gedink oor die roetes wat ek kan volg. ’n Klein besluit vandag kan jou oor 10 jaar op heeltemal ’n ander plek laat.” ONTWERP ’N STRATEGIE MET PASSIE EN TYD Dit is belangrik om ’n passie vir besigheid te hê en te doen wat jou opgewonde maak. Raymond Ackerman het gesê: Vergeet van geld maak en doen net waarvan jy hou. Strategie is soveel makliker as jy doen waarvan jy hou en jy oortuig is van dit wat jy doen. Dink baie ernstig oor jou besigheid. Dit was Albert Einstein wat gesê het: “The significant problems we face cannot be solved by the same level of thinking that created them.” Jy het dus nodig om op ‘n nuwe vlak te dink om ‘n skerper strate- gie te hê. Daai buitengewone dinksessie het nog altyd goeie resultate gelewer. Plot jou loopbaan, een ding op ‘n slag, en stukkie vir stukkie word dit deel van jou strategie. BLY POSITIEF IN JOU STRATEGIE AS DIE GETY DRAAI Die weer vandag is een groot risiko - jy kan soveel dinge reg doen en jou strategie kan uitstekend wees, maar dit is die weer wat die laaste sê het. Jou strategie moet egter beter wees - jy moet 'n risikoprofiel hê wat alle aspekte insluit, inslui- tend jou ouderdom en jou aptyt vir risiko. SLOT Foute wat begaan word is om blindelings net te doen, versuim om ’n goeie strategie te ontwerp en om baie moeite en tyd in ’n strategie te plaas en dit nie aan te pas wanneer die doel- pale skuif nie. Dink waarheen jy wil gaan en watter einddoelwit vir jou aanvaarbaar sal wees. Deur jou loopbaan te beplan, sal die stappe wat jy vandag moet neem, bepaal word. Indien strategie jou bang maak, kry net ’n goeie plan op die tafel. Begin met wat nodig is en wat belangrik is. Wyk af van jou gewone roetine en besluit watter skuif jou nader gaan bring aan waar jy wil wees. Kyk die video van AC van Wyk deur die skakel http://senwes.co/ACvanWyk te besoek of die QR-kode te skandeer. 14 SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020