Senwes Scenario Maart - Mei 2020 | Page 15

“ Ons produsente is baie keer geneig om reaktiewe bestuur of skadebeperking toe te pas. ” PRODUSENTFOKUS OORWEGINGS TYDENS MONITERING VAN ’N STRATEGIE Dit moet beklemtoon word dat strategie nie slegs monetêre en materiële oorwe- gings moet insluit nie, omdat selfverwe- senliking en roeping ook van belang is. Goeie waardegroei is die maatstaf van ’n goeie strategie. Groei en netto waarde is die opperste toets van sukses en volhou- baarheid. DOKUMENTERING ’n Wetenskaplike aanslag met doelwit- datums leer jou hoe jy dink. Hierin is kontinuïteite vasgevang met baie lesse, positiewe aspekte, gevaarligte en aan­ sporings. Dit alles vorm ‘n patroon waar- mee jy gemaklik is en dit moet lewendig en dinamies gehou word. Fokusareas binne ‘n strategie INDIEPTE KENNIS EN KONTEKS Strategie kan ’n wye konteks beskryf - dit kan van ’n mielieseisoen strek tot ’n vyf- of tienjaarplan tot loopbaandoelwitte - in alle gevalle speel inligting en kennis egter ’n groot rol. “Ons kan nooit alles weet nie. Hoe meer jy analisties dink, hoe meer kennis jy bymekaarmaak, hoe meer effek- tief en suksesvol gaan jy wees in die for- mulering van jou strategie.” PROAKTIEWE OPTREDE Pas proaktiewe bestuur toe. Begin eers met die einddoel in gedagte. Bepaal waarvoor jy die strategie ontwerp en of dit aanpasbaar moet wees. “Ons produsente is baie keer geneig om reaktiewe bestuur of skadebeperking toe te pas. Dit gebeur gewoonlik wanneer ons onder druk is as daar min tyd is – dan hanteer ons krisisse en dit wat dringend is. Die uiteinde hiervan is dat ons dit wat belangrik is, verwaarloos. Maak dus tyd vir ’n strategie, tree proaktief op en volg ’n analitiese benadering. FINANSIËLE DOELWITTE Almal verstaan kapitalisme en die ekono­ mie. Die ekonomie het, soos die natuur, basiese wette en dit moet in jou strategie ingebou word sodat jy die impak daarvan 14 SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020 13