Senwes Scenario Maart - Mei 2020 | Page 14

PRODUSENTFOKUS ’n Boer maak ’n plan Die belangrikheid van ’n strategie en die basiese elemente daarvan Senwes Scenario het by Senwes produsent AC van Wyk van ACH Boerdery in die Bultfontein omgewing gaan kuier om bietjie meer uit te vind oor hoe strategie deel van die groot vyf in landbou vorm. ’n Boer maak altyd ’n plan, so ‘n strategie is basies die uitbreiding van daardie planne.  Aubrey Kruger Senwes Senior Joernalis leef in ’n dinamiese omgewing,  Dit moet gebalanseerd wees. I Rakende balans moet daar nie te veel of te min van iets wees nie, dit moet in pas met die omgewing en die eise van die tyd wees. Dis belangrik dat jy moet weet wat ’n swak strategie kan wees. Situasies wat dit kan voorstel, sluit in:  Om net te doen wat ander doen kan ’n swak strategie wees.  Om te doen wat ons nog altyd gedoen het, is ook ’n swak strategie. SUKSES AS ’N DEEL VAN STRATEGIE Dink bietjie daaroor: Indien jy nie mooi gedink het oor hoe jy by jou einddoel gaan uitkom nie, is my vraag: Hoe gaan jy dan daar uitkom? Onthou! Al bly jou einddoelwitte dieselfde, gaan die pad wat jy moet neem aangepas moet word – hierin lê waarskynlik die kuns van ’n strategie. WAAROM IS ’N STRATEGIE NODIG? ndien ’n produsent ’n einddoel en roeping voor oë het, kan jy die uit­­­­- da­gings te bowe kom met ’n goeie strategie en ’n spesifieke plan. ’n Goeie en weldeur­dagte strategie speel ’n onmisbare rol en is goud werd. Elke mens of besigheid het tog ’n mikpunt of doelwit en op ’n hoër vlak kan mens van ’n roeping praat. DEFINISIE VAN STRATEGIE Strategie kan eerstens gedefinieer word as ’n doelstelling en aksies en stappe wat geneem word om hierdie doelwitte te bereik. Hulpbronne tot jou beskikking moet ook optimaal aangewend word. Om ’n goeie strategie verder te defi­ nieer, kan die eienskappe van ’n goeie strategie bepaal word:  ’n Strategie moet dinamies wees,  Dit moet jou in die rigting van jou doel- wit neem,  Dit moet aanpasbaar wees want ons 12 KOMMUNIKASIE Kommunikasie van jou strategie met sleu- telpersoneellede, ander personeellede asook ander instansies vorm alles deel van jou boerdery en skep ’n positiewe en gemeenskaplike energie van waarheen ons op pad is. Dit sluit aan by bestuurs­ waardes soos beleid, integriteit, goeie kommunikasie asook diens aan die breër gemeenskap, wat kollektief saamwerk. MONITERING Ná kommunikasie volg gereelde monite­ ring en toepassing binne ’n vinnig veran- SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020 derende wêreld. Dink byvoorbeeld nou reeds oor wat jy oor maande van nou af gaan bemark. Ons weet dalk nie wat die prys en opbrengs gaan wees nie, maar het ’n redelike idee wat koste per hektaar sal wees. Die skilderdoek is skoon - met die kom- binasie van opbrengs en prys wil ons ’n sekere rendement hê en daarom werk ons na langtermyngemiddelde, kyk na wêreld- voorrade en plaaslike omstandighede.