Senwes Scenario Maart - Mei 2020 | Page 10

NUUS Kom kuier saam met Senwes by Nampo 2020 Die Nampo Oesdag, een van die grootste landbou-uitstallings in die Suidelike Halfrond, vind vanjaar vanaf 12 tot 15 Mei 2020 op Nampo Park naby Bothaville plaas. Die Senwes groep is soos gewoonlik teenwoordig en daar is verskeie plekke op die terrein waar jy stalletjies en bedrywighede van die groep sal kan besoek. Sanmarie Schlebusch Senwes Bestuurder: Digitale Bemarking SENWES EQUIPMENT S enwes Equipment bied vanjaar ’n uiteenlopende reeks produkte tydens die Nampo Oesdag aan met uitstallings deur John Deere, Staalmeester, JCB en Falcon Equipment, SENWES SE INTEGRASIE SILOSTALLETJIE Besoek Senwes se Integrasie Silostalletjie in die baie bedrywige Namposaal vir 8 meer inligting aangaande oplossings wat Senwes se bedrywe vir ’n produsent bied. NASIE IN GESPREK Kom kuier ook saam met Nasie in Gesprek in die Donkerhoeksaal, waar denkleiers uit verskillende bedrywe ’n aantal kwessies in die landboubedryf gaan bespreek. SENWES KAALVOET-KINDERPARKIE Hierdie parkie is ’n veilige area met ge­ noeg koelte en lekker aktiwiteite vir die kinders wat saam kom Nampo Park toe. Dit verseker nie alleen vir die kinders ’n pretgevulde dag nie, maar ouers kan hul kinders met gemoedsrus daar laat terwyl hulle die stalletjies besoek. HINTERLAND Besoek Hinterland, Senwes se kleinhan- delvennoot, in die Hinterlandsaal waar gehalte ammunisie en wapens, sowel as ’n verskeidenheid produkte gemik op die buitelewe ten toon gestel word. SENWES SKOONMAAKSPAN Maak seker dat jy jou motor se toeter druk vir die Senwes Skoonmaakspan wanneer jy by Nampo Park aankom. Hulle sorg elke dag dat die pad langsaan rommelvry gehou word. SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020