Senwes Scenario Maart - Mei 2020 | Page 4

ALGEMEEN RUBRIEK Redaksiebrief Uit die Woord Is jy ’n span- of  ’n individuele speler? M et die uitgaan van 2019 en 2020 se intrap sien ons, soos in vorige seisoene, ’n duidelike verandering in die weerpatrone. Die reënseisoen het geskuif en planne moet gemaak word om dit proaktief in elkeen se strategie in te werk. Met baie dele van die Noord- en Oos-Kaap wat steeds erg onder die droogte gebuk gaan, vier samewerking hoogty om te verseker dat ons medeprodusente oorleef. Die vraag is nou: Is jy ’n span- of individuele speler? Meeste mense veronderstel dat hulle een van die twee is. Ons Senwes HUB, Francois Strydom, meen egter dat die teen­oorgestelde waar is en dat jy oor albei kwaliteite moet beskik. Die volgorde is egter belangrik. Party mense is in die posisie om droogtehulporganisasies te help, terwyl ander nie betrokke raak nie. ’n Mens bepaal self in watter mate jy begrip gaan hȇ en of jy eienaarskap gaan neem en dit kan jou die ruimte gee om beide kwaliteite uit te leef. Dit hang net van die situasie af. Soms is jy bo en ander kere moet jy hulp van ander aanvaar. Soms is jy die individuele speler wat moet oorleef in die droogte en geen keuse het nie as om jou trots in jou sak te steek en te sluk as medeprodusente jou help met skenkings. Een ding wat die lewe ons leer is dat tye en seisoene vinnig ver­ander. Eendag is jy weer bo, wat dan weer jou spanvermoë sal beproef. Die lewe gaan volsirkel, soms is jy in die individuele fase waar jy veg om te oorleef en ander kere is jy ‘n spanspeler wat sorg dat alles en almal om jou oorleef. Onthou altyd! Jy is ‘n produsent en ‘n integrale deel van voedselsekuriteit van ons land en die wêreld. Ons moet die siklusse oorleef om weer te kan floreer. Johan Schoeman My naam is Legio, want ons is baie…. MARKUS 5 VERTEL die verhaal van ’n duiwelbesetene se ontmoe­ ting met Jesus. ’n Uitgewekene wie se blyplek tussen die grafte was. Hy was onbeheerbaar wild, het selfs die kettings en boeie waarmee hy vasgemaak was om hom in bedwang te hou, gebreek en dag en nag geloop en skreeu. Tot op dié dag toe sy pad met Jesus gekruis het. Toe hy Jesus sien het hy Hom tegemoet gehardloop, voor Hom neergeval en Hom aangespreek as: “Jesus, Seun van God die Allerhoogste”. Daarop spreek Jesus die bose gees aan en vra sy naam, waarop hy antwoord: “Legio, want ons is baie.” Jesus het toe die bose gees beveel om uit die man te gaan en dit in ’n trop van sowat 2 000 varke ingestuur. Die varke het toe by die berg in die see in afgespring en versuip. Dit het die boere so ontstel dat hulle daarop aangedring het dat Jesus hul gebied moet verlaat. Legio, want ons is baie! Soms voel dit vir ons of ‘Legio’ standaard deel is van die pakket wat saam met die lewe kom, veral u wat in die boerderybedryf staan. Die aanslae wat u as boer beleef het legio gesigte, wat wissel van uitdagende natuurelemente, onseker ekonomiese en politieke toestande, bedreigde veiligheid en stabi- liteit en vele ander. Voeg daarby ’n wye verkeidenheid persoonlike uitdagings wat u ook daagliks moet trotseer - inderdaad legio! Ons veg elkeen ons eie Legio. Ons enigste uitweg is om ook soos die besete man na Jesus te gaan. Hom as’t ware daagliks tegemoet te hardloop en in afhanklikheid voor Hom as die Seun van die Allerhoogste God neer te val, sodat Hy vir ons die geveg kan veg, soos ons hier en in Eksodus 14:13 lees. “Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.” Dit is wonderlik dat, nadat Jesus die bose gees uit hierdie eens ontembare besetene se lewe gedryf en hy vrede in God gevind het, hy ’n lewende getuie van God se triomferende mag oor die bose word. Mag u naby Jesus leef, mag u tydens u konfrontasie met Legio hulle soos die besetene in Jesus se hande laat, deur Jesus oorwin- ning oor hulle kry en vrede in God vind. Ons bid: Here, versterk ons geloof in U, ons almagtige God vir wie niks onmoontlik is nie. Amen. 2 SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020