Senwes Scenario Maart - Mei 2020 | Page 36

GRAANMAKELAARS 32 | Invloedryke markprysdrywers die koppeling van verskillende produksie- seisoene moontlik maak op grond van die ooreenkomste tussen die faktorwaardes van verskillende produksieseisoene op ’n spesifieke tydstip. Samevattend bied die individuele fak- Tabel 1: Persentielgroeperingsinterpretasie Interpretasie van lae waardes (nader aan nul) Interpretasie van hoë waardes (nader aan 10) WM-C WM-C-waarde is laag in vergelyking met vorige waardes. WM-C-waarde is hoog in vergelyking met vorige waardes. IP IP-waarde is laag in vergelyking met vorige waardes. IP self is laag. IP-waarde is hoog in vergelyking met vorige waardes. IP self is hoog. Invoerpariteitverhouding IPR Kontantpryse is relatief ver van IP af. Kontantpryse is relatief naby IP. Uitvoerpariteit EP EP-waarde is laag in vergelyking met vorige waardes. EP self is laag. EP-waarde is hoog in vergelyking met vorige waardes. EP self is hoog. EPR Kontantpryse is relatief ver van EP af. Kontantpryse is relatief naby EP. CBOT-kontantprys CBOT-C CBOT-C-waarde is laag in vergelyking met vorige waardes CBOT-C-waarde is hoog in vergelyking met vorige waardes Dollar/rand wisselkoers USD/ZAR USD/ZAR-waarde is laag in vergelyking met vorige waardes ZAR appresieer teen USD. USD/ZAR-waarde is hoog in vergelyking met vorige waardes ZAR depresieer teen USD. Supply Dui daarop dat aanbod laag is. Dui daarop dat aanbod hoog is. Demand Dui daarop dat vraag laag is. Dui daarop dat vraag hoog is. Ending stock Dui daarop dat eindvoorraad laag is. Dui daarop dat eindvoorraad hoog is. Days stock Bevestig lae eindvoorraad en dui daarop dat beskikbare voorraaddae laag is. Bevestig hoë eindvoorraad en dui daarop dat beskikbare voorraaddae hoog is. SOI Dui op lae SOI-waardes wat dui op ʼn verhoogde waarskynlikheid van El Niño-tipe droër toestande. Dui op hoë SOI-waardes wat dui op ʼn verhoogde waarskynlikheid van La Niña-tipe natter toestande. Faktor (markprysdrywer) Witmieliekontantprys Invoerpariteit Uitvoerpariteitverhouding Aanbod Vraag Eindvoorraad Beskikbare voorraaddae Southern Oscillation Index 34 Akroniem SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020 torpersentielgroepe (gebaseer op maan- delikse waardes) in Tabel 1 ’n oorsig van hoe die relatiewe waarde of vlakke van hierdie maandelikse groepwaardes geïn- terpreteer is. Ten einde ’n meer vooruitskouende benadering tot die ontwikkeling van die Julie witmielietermynkontrakprys in te sluit, is vier bykomende faktore bygevoeg. Hierdie faktore is die algemene prysnei­ ging van die kontantprys, historiese en verwagte eindvoorraadvlakke, insetkoste in verhouding tot die prysvlak op die tyd- stip waarop ’n produksiebesluit geneem moet word, sowel as gerea­li­seer­­de en verwagte El Niño- en La Niña-verskynsels. Hierdie faktore bied ’n meer holistiese oorsig vir die seisoen, kan die produksie­ besluit van produsente beïnvloed en speel ’n groot rol om die langtermynprys­ vormings­verwagting van rolspelers oor die algemeen te vorm. Al hierdie faktore bied verder ’n enkele waarde op ’n spesifieke tydstip vir elke afgelope seisoen, maar dit is ook moontlik om ’n verwagte waarde uit bestaande gegewens vir die volgende seisoen te verkry. Die volgende artikel sal die resultate van die groeperingsanalise verskaf en ook waardevolle aspekte bespreek wat oorweeg moet word wanneer invloedryke markprysdrywers geanaliseer word ten einde produksiejare en verwagte prysvorming te vergelyk. Vir meer inligting oor hierdie resultate, kontak asseblief vir Frans Dreyer (Graanmakelaars, 018 464 7786).