Senwes Scenario Maart - Mei 2020 | Page 22

LANDBOUKUNDIG Alternatiewe voerbronne vir herkouers Voer is die grootste enkele koste in beesproduksiestelsels en alternatiewe en goedkoper voer is dus altyd 'n oorweging. Daar is verskillende roumateriale wat in herkouervoer ingesluit kan word en daar is nie noodwendig enige spesiale aspekte wat oorweeg moet word nie.  Dr Kobus Swart Dieregesondheidspesialis W at belangrik is, is watter voeding­stowwe die spesifieke produk vir die herkouer kan verskaf. Beesproduksiestelsels is gewoon- lik afhanklik van ruvoere as die basis van die voerprogram. Vir optimum produksie moet ruvoere egter met energie en/of proteïene aangevul word om aan die diere se produksiebehoefte te voldoen. Verskillende alternatiewe byprodukte is deesdae teen relatief lae koste beskik- baar, wat as alternatiewe voer gebruik kan word. Diere kan nie die voedingswaarde van ‘n voer benut indien die voer nie ingeneem word nie. Gevolglik is vrywil- lige voerinname van die uiterste belang. Daar is nie ‘n enkele maatstaf wat die voerinname kan voorspel nie, maar daar is inherente eienskappe van voere wat die vrywillige voerinname beperk. Die droëmateriaalinname van voer word direk deur die verteerbaarheid van die voer bepaal, wat weer ‘n funksie van ‘n gebalan­seerde voer is. Herkouers het ook ‘n behoefte aan effektiewe vesel om oor die lang termyn ‘n gesonde verteringska- naal en -funksie te kan handhaaf. Grane is laag in veselinhoud, terwyl weiding, hooi, kuilvoer en sekere byprodukte ‘n hoë veselinhoud het. Gewoonlik sal ‘n dier 20 voer vreet totdat die rumen gevul is en veselryke voer vul die rumen vinnig. Om hierdie rede het die veselinhoud van voer ‘n direkte verband met die droëmateriaal­ inname van voere. Sekere voere mag ook ‘n mineraal en/of proteïentekort of wanbal- ans hê, wat maklik met voerkonsentrate reggestel kan word. RUMENANATOMIE Om die maksimum vertering van voere en dus produktiwiteit van ‘n produksiestelsel te bereik, is dit kernbelangrik om die funk­sionering van die rumen met die in­gewikkelde simbiotiese verhouding tus- sen rumenmikrobes en die herkouer self, te verstaan. Om van alternatiewe voere ge­bruik te kan maak, is dit nodig om verstaan hoe die rumenstruktuur en die rumen mikrobepopulasie saamwerk. Herkouers het een maag wat in vier dele verdeel is, naamlik die rumen, retiku- lum, omasum en abomasum. Die rumen en retikulum is waar die meeste vertering of fermentasie en voedingstofabsorbsie plaasvind. Die rumen het self ‘n vloeistof- fase, ‘n rumenmat wat op die vloeistof dryf en herkou stimuleer, asook ‘n gasfase wat bo die rumenmat versamel. Spierpilare in die rumenwand verdeel die rumen in sakke en hierdie spiere is vir die same- trekking of beweging van die rumenwand verantwoordelik. Hierdie sametrekking verseker dat die rumeninhoud met die mikrobes vermeng word en ook dat ver- SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020 dere herkou plaasvind. Die rumenwand is met klein vingeragtige papillae bedek, wat die absorbsieoppervlakte seker tot tienvoudig verhoog. Hierdie papillae ver- meerder en verkort soos die voersame- stelling verander. Net so verander die mikrobesamestelling as die voerinhoud verander. Dit moet in aanmerking geneem word as nuwe/alternatiewe voere vir diere gegee word. RUMENMIKROBES Die mikrobepopulasie word deur ‘n kenmerkende ekologiese balans wat in die rumen heers, gereguleer. Die tem- peratuur word deur die dier se homeo- termiese metabolisme gereguleer, terwyl die suurgehalte of pH grootliks deur die verwydering van sure deur absorbsie beheer word. Die pH bly relatief konstant te midde daarvan dat daar gedurig groot hoeveelhede suur in die rumen geprodu- seer word. Die osmotiese druk en ionise konsentrasie word stabiel gehou, terwyl eindprodukte en afvalprodukte effektief uit die rumenomgewing verwyder word. Al die faktore wat ‘n impak op die mikrobe se omgewing maak, word streng beheer. Die primêre rol van die rumen is om vesel (sellulose en hemisellulose) te verteer. Lignien, die derde komponent van vesel, bly onverteerbaar maar speel ‘n belang­ rike rol in die herkouproses. Rumenbakterieë is hoofsaaklik anaero­ bies (sonder suurstof), alhoewel ‘n paar