Senwes Scenario Junie / Julie 2019 | Page 4

ALGEMEEN RUBRIEK Uit die Woord Om iemand vir jou vistenk te verkies O m iemand te verkies om die land en landbou binne die land te lei, is sekerlik een van die belangrikste take daar buite. So baie hoor mens dat jy moet weet in watter vistenk jy swem. Wel, tydens die afgelope 2019 Suid-Afrikaanse nasio­ nale verkiesing in Mei, was ons as landsburgers deel van ’n magdom van 26,7 miljoen kiesers wat by amper 33 000 stemlo- kale hulle kruisies getrek het. So word die toekoms van omtrent 60 miljoen Suid-Afrikaners vir ten minste nog 5 jaar bepaal. So, hierdie is nogal ’n relatiewe groot vistenk nê? Nie noodwendig nie... oor die afgelope 5 weke in April en Mei is Indië se nasionale verkiesing ook gehou. Aan die bokant van die skaal was hulle amper 900 miljoen kiesers wat by amper 1 miljoen stemlokale hul kruisies getrek het, wat hul bevolking van amper 1,4 miljard mense se toekoms bepaal. Af op die skaal is die Cocos Eilande met die kleinste bevolking van slegs 596, die Falkland Eilande met ’n bevolking van 3 400 en Montserrat met ’n bevolking van slegs 4 900. In die groter spektrum is dit nogal klein vistenke om in te swem. Om dit in perspektief te plaas, gaan daar vanjaar buiten die boge­ noemde lande ook talle ander verkiesings die wêreld oor gehou word wat, glo dit of nie, ’n impak op die helfte van die aarde het. Amper 4 miljard mense. Swem lekker in jou vistenk, maak nie saak hoe groot of klein dit is nie. Kom niks kort nie… Ds. Willie Botha Lees: Psalm 23 Boerdery is die oudste beroep waarvan ons weet. ’n Herder het in die antieke tyd van een weiveld na ’n volgende ver- sit. Daar was nie kampdrade soos ons dit vandag ken nie en die beweging van ’n herder en sy kudde was onbeperk. Die gevolg daarvan was dat daar kompetisie om weiveld en water was. In ’n droë land is dit verstaanbaar. ’n Verdere gevolg was dat vee maklik deurmekaar kon raak. Dit was egter nie ’n probleem nie, aangesien die herders hulle vee so goed geken het dat dit maklik van mekaar onderskei kon word. Die skape het gewoonlik ’n herder se stem geken en hulle sou hom spontaan volg. Vir ’n herder was sy skape sy lewe. In die warmer somermaande het hy by hulle in die veld geslaap. As hulle siek of swak was, het hy hulle gedra, as hulle weggeraak het, het hy hulle gaan soek. Skape was veral waardevol vir hulle wol, vleis, velle en horings. Bokke se velle was baie waardevol en ’n goeie bokooi kon soveel as 3,5 liter melk op ’n dag gee. Boerdery was nie vir ’n bestaansboer ’n besigheid nie, dit was sy roeping, dit was sy hele lewe. Geen wonder dat in Johannes 10 die beeld waar ’n herder sy lewe vir sy skape aflê, op Jesus van toepassing gemaak word nie. Dawid se heldhaftige optrede teen leeus en bere wat die kudde bedreig, beaam dit. Selfs die beste boer faal soms. Daar is omstandighede waar­ oor hy/sy nie beheer het nie. Ernstige siektes soos bek-en- klouseer, bloutong, bloednier en baie ander kan toeslaan met groot en skielike verliese. Boere in die kouer dele van ons land ken almal stories van angoras wat in die middel van die nag in skure en stalle ingejaag word, hanslammers grootmaak en ooie vasmaak wat nie lammers wil laat drink nie. Die kon- temporêre boer moet verder ongunstige en ekonomiese- en politieke omstandighede in ag neem. Psalm 23 vertel van die Boer van alle boere. Hy lei Sy skape met volmaaktheid. Net Hy kan daarop aanspraak maak dat Sy kudde niks kortkom nie. Sy skape wat met gemoedsrus Hom volg, want Hy gee vir hulle die beste weiding en die veilige waters om te drink. Hy lei hulle op die beste paaie en net Hy kan vir hulle nuwe krag gee. Op die gevaarlikste plekke wat bekend is vir dood, bewaar Hy hulle. Die gelukkige skape van Psalm 23, is ons. Ons wat van ewige versorging en genade kan getuig. Van die waters van bewa­ ring en weivelde van oorvloed. Die dra deur die droogtes en die luister na ons bid vir reën. En ’n Herder wat bereid was om sy lewe vir ons af te lê… 02 SENWES SCENARIO | WINTER 2019