Senwes Scenario Junie / Julie 2019 | Page 34

GRAANMAKELAARS MARKTE El Niño-jare Markgeleenthede  Deur Frans Dreyer Bestuurder: Senwes Graanmakelaars Deur Hansie Swanepoel Senwes Markanalis HIERDIE ARTIKEL IS die vierde in ʼn reeks waarin daar gekyk word na die agtergrond, ontstaan en ontwikkeling van ENSO (El Niño Southern Oscillation) gebeurtenisse. Die vorige uitgawe het gekyk na die spesifieke klassifikasie van ENSO in die vorm van ʼn medium tot sterk El Niño gebeurtenis. Die huidige seisoen word amptelik as ʼn swak El Niño tipe seisoen geklassifiseer. Die seisoen het heeltemal teenoorge­ steld verloop as wat van El Niño seisoene verwag word. Hierdie seisoen was dit die droogste voorseisoen in verskeie distrikte sedert die 1915/16 seisoen. Die najaar, veral ten opsigte van die reën in April, was die natste sedert daar redelik akkuraat reënvalrekords gehou word vir die westelike gedeelte van die Senwes-gebied. Hierdie realisasie bevestig net weer dat dit maar altyd riskant sal wees om noodwendig produksie- of bemarkings- besluite te neem op grond van die historiese ontwikkeling van ENSO gebeurtenisse alleen. Die eerste rede hiervoor is dat die voorkoms van El Niño, La Niña en neutrale tipe seisoene redelik ewekansig is. PRODUSENTE STAAN WEER op die punt waar ʼn besluit geneem moet word oor die tonnemaat wat gestroop is – word die tonne net bemark, of word die tonne in die mark teruggekoop? Wat het gebeur in die verlede? vir produsente na strooptyd Die voorkoms van El Niño, La Niña en neutrale episodes (1923-2019 La Niña El Niño Neutraal Voorkoms van die episodes Aantal kere ’n groter oes as bewegende gemiddeld 29 17 34 10 33 22 Aantal kere ’n kleiner oes as bewegende gemiddeld 6 17 10 Maksimum positiewe afwyking op lopende gemiddeld 46.8% 35.1% 55.1% Maksimum negatiewe afwyking op lopende gemiddeld 13.1% 59.30% 20.1% 121.85% 83.84% 110.6% Opbrengsrealisasie as % van gemiddelde opbrengs. Indien daar gefokus word op La Niña gebeurtenisse en die impak van hierdie seisoene op opbrengspotensiaal, lyk die prentjie as volg: La Niña seisoene realiseer normaalweg hoër opbrengste as die 5-jaar lopende gemiddelde opbrengste. Daar was enkele uitsonderings in die verlede. Produsente gaan met ʼn groter mate van vertroue ʼn La Niña tipe seisoen tegemoet, aangesien dit gewoonlik ʼn meer gematigde seisoen is, met meer stabiele opbrengste. Lees die volledige artikel deur te kliek op die skakel http://senwes.co/frans19 of die QR-kode hier langsaan te skandeer. 32 SENWES SCENARIO | WINTER 2019 Moontlike besluite wat ʼn produsent kan neem is:  Stroop en verkoop  Koop terug in die mark  Opberging met die moontlikheid om later te verkoop Die mark word hierdie seisoen gekenmerk deur mielie-eindvoor- rade wat genoeg behoort te wees (soos met skrywe) om aan behoeftes te voldoen. Daar is egter ruimte vir op- en afbewegings deur die loop van die seisoen. Oliesade se eindvoorraad behoort knap te wees en daar is vol­ doende ruimte vir prysbeweging. Tabel 1: NAMC 2019/20 vraag- en aanbodsyfers (3 Mei) White Maize Yellow Maize Total Maize Hectares Planted Yield CEC Crop Estimate CEC Retention 1 298 400 4.07 5 286 540 160 000 1 002 100 5.36 5 368 820 350 000 2 300 500 4.63 10 655 360 510 000 Opening Stock Producer deliveries Imports Early Deliveries (Nett) Surplus Total Supply 1 824 084 5 126 540 - 20 000 5 000 6 975 624 969 575 5 018 820 450 000 - 10 000 6 448 395 2 793 659 10 145 360 450 000 20 000 15 000 13 424 019 Processed for local market -human -animal -gristing Other Local Demand 5 482 000 4 650 000 820 000 12 000 44 000 5 526 000 5 216 545 4 660 11 195 5 411 500 000 000 500 000 500 10 698 500 5 195 000 5 480 000 23 500 239 000 10 937 500 Exports Products Whole maize Total Demand 620 70 550 6 146 400 150 250 5 811 000 000 000 500 1 020 220 800 11 957 000 000 000 000 000 000 000 500 Ending Stock 829 624 636 895 1 466 519 Processed per month (local) Months’ stock Days’ stock 456 833 1.8 55 434 708 1.5 45 891 542 1.6 50 Lees die volledige artikel deur te kliek op die skakel http://senwes.co/hansie19 of die QR-kode hier langsaan te skandeer.