Senwes Scenario Junie / Julie 2019 | Page 32

LANDBOUKUNDIG Senwes Equipment reg vir die winter  Deur Jacques Pretorius Senwes Equipment: Bestuurder: Meganisasiedienste D aar is twee goed wat ons opgewonde maak oor die winter - strooptyd en jagtyd!!! Oeste word ingesamel en ons kan weer vars biltong in die motorhuis ophang. Alle Senwes Equipment werkswinkels is ook hard besig met voorbereiding om u stropers en stropertafels, asook om die PIP (Product Improvement Program) van John Deere op die stropers, waar van toepassing, uit te voer. Daarmee saam bied Senwes Equipment ook ’n volledige inspeksie­program waarvolgens ons u stroper met ’n 200+ punt-plan deurgaan en die nodige olie- en dieseltoetse doen sodat u gemoedsrus hierdie stroopsei­ soen kan hê. Ons wil u ook uitnooi om u 8 000- en 9 000-reeks trekkers proaktief na u naaste Senwes Equipment werkswinkel te stuur om ook volledige inspeksies op hierdie masjiene te doen en so die nodige werks­ ure uit die masjien te kry. Ons glo dat met die goeie reën en vog wat daar tans is, baie van u reeds agter die stropers die rippers laat hardloop en dat onnodige probleme nóú uitgeskakel moet word. Ons herinner u aan die John Deere Fuel Conditioner somer- en winterformule wat u kan gebruik saam met u diesel om die vries van diesel in die wintermaande te voorkom. Die nodige smering op die inspuiters en hele dieseltoevoerstelsel word ook verbeter om die lewensduur van u John Deere produk te verleng. Maak gebruik van ons Senwes Equipment Call Centre met die opstel van u stroperskerm en -dokumentasie. Skakel die tolvrye nommer by 018 464 7550 met enige van u Greenstar probleme en die opstelling van skerms asook die op- en aflaai van dokumentasie van enige van u landboutoerusting. Aspekte wat van toepassing is wan- neer u van ’n Senwes Equpment werks­ winkel gebruik maak:  Daar is 68 opgeleide John Deere tegni- ci in ons Senwes bedieningsgebied.  Spesiale gereedskap om u masjien regdeur die jaar aan die loop te hou en diens te vergemaklik.  64 velddiensvoertuie, 24 uur per dag.  5 tegniese adviseurs met jare se John Deere ondervinding in ons vyf streke.  ’n Waarborg op egte John Deere onderdele en vakmanskap vir volkome gemoedsrus regdeur die jaar.  ’n Besigheid wat vir 110 jaar reeds be­staan en vir wie die toekoms van landbou en elke produsent van die uiter­ste belang is. ’n Baie voorspoedige stroopseisoen word u toegewens en mag ons Hemelse Vader u seën met uitstekende opbrengste en ‘n sorgvrye stroopseisoen. Kontak Senwes Equipment hierdie winter om u van diens te wees met u landbou- toerusting en -behoeftes. BOOMSNOEI MAKLIK GEMAAK Die Greentec Hedger LRS 2402 is verseker die regte snoei­ gereed­skap wanneer dit kom by die snoei van neutbome. Antoon Smalberger, Verkoopsbestuurder JCB en Diverse Implemente, vertel dat die produk ingevoer is uit Denemarke en dat die volgende modelle beskikbaar is vir die seisoen: Die LRS 1602, 1.6 m en LRS2402, 2.4 m, asook die LRS4802, 4.8 meter (Excavator model) indien daar ’n behoefte daarvoor is. Die Greentec Hedger LRS 2402 en Toolbar HXT 3303 is gemonteer op ’n JCB 531-70, wat dan die Greentec op ’n hoogte van 7 meter kan lig om snoeiwerk te doen, met die JCB 535- 95 wat dit tot 9.5 meter kan verhoog. Vir meer inligting, kontak asseblief vir Antoon Smalberger by 018 464 7571, Martin Coetzee (Staalmeester: Hoof Uitvoerende Beampte) by 018 431 0300 of jou naaste bemarker. Of besoek Staalmeester nou by Coetzeestraat 2 in Hartbeesfontein. 30 SENWES SCENARIO | WINTER 2019