Senwes Scenario Junie / Julie 2019 | Page 31

LANDBOUKUNDIG Takbestuurder Lourens Brand. Landbouwenke vir die winter  Deur Petrus van Staden Senwes Senior Agronoom Boet van Zyl Senwes Senior Landboukundige Ekonomoom Ian Bothma SGS Areabestuurder silo van Senwes. Die omliggende silo’s is De Brug (40 km) en Bloemfontein (80 km). UNIEKE GEBEURE Die silo het ook die eer om die eerste silo ter wêreld te wees om een en ’n half keer die kapasiteit in een seisoen en met dieselfde produk te hanteer. Om pre- sies te wees, was die silo 165% vol. So vinnig as wat voor ingelaai is, so vinnig is die treinvragte weg. Dit kon nie vinnig verhandel word nie en is na ander silo’s van Senwes gestuur. ’n Paar keer daarna is nog 60 000 ton koring en 20 000 ton mielies ontvang. Van middel gepraat. Het jy geweet by Emmaus was daar eens op ’n tyd ’n spoorwegstasie met ’n kafee en poskantoor? BEKENDES VAN DIÉ KERN Hoog op die lys is die befaamde skrywer Maretha Maartens wat hier grootgeword het. Skrywer, digter en ekonoom Pieter Haasbroek is nog een. Radiopersoonlikheid Johrné van Huyssteen maak ook glad nie ’n geheim daarvan dat hy van die wêreld is nie. Dr Theo Alant was ’n adjunk-minister in die kabinet en Sarel Reinecke was die heel eerste Petrusburger wat tot LV verkies is met AJC Jooste, na wie die skool vernoem is, wat ’n 70-jaar verbinte- nis met landbou, die skool en gemeenskap gehad het. Met ons besoek het ons ook in die ouetehuis by oud-direkteur van Senwes, Johan Delport, gaan kuier. Kerkgewys ken almal die NG Kerk asook Gerefor­ meerde Kerk op die dorp, met die torings wat sigbaar is vanaf die N8. Die gebied is ook ’n bekende aartappeldistrik met die aartappelfees wat hier gehou is. Ons almal ken die kinderlied So ry die trein, so ry die trein, die Kimberley se trein en wat die ouer garde sal onthou, is hoe die passasierstrein waar- oor almal so lekker sing, stiptelik om 11:00 by die Petrusburgstasie ingestoom gekom het. Welgedaan Petrusburg! Sprei julle vlerke, so reg vanuit die middelpunt van SA. DIE AFGELOPE SEISOEN het onvoorspelbaar verloop en uiterstes van baie jare getoon. Reën het laat gekom en Desember 2018 en Januarie 2019 is geken­merk deur uiters hoë temperature. In die algemeen is laat geplant. Reën aan die begin van Februarie het verskeie aanplantings gered en die algemene aanduiding is dat die oesopbrengs moontlik laer as die LGO gaan wees. Ryp het middel April in verskeie distrikte voorgekom, met geen skade. Die voorkoms van ryp kan as gevolg van die baie reën, vertraag word. Of dit tot voordeel van baie laat aanplantings gaan wees, is te betwyfel. Die reën einde April was die hoogste in jare. Riviere en damme het oorgeloop. Haelskade is waargeneem. Behalwe dat lande sopnat is, was daar skade as gevolg van watererosie. Enkele beginsels vir die komende seisoen Die deurdringende reën einde April kan moontlik die volgende impak hê: • Nat grond kan moontlik die stroopproses vertraag. • Indien waterbewerkingspraktyke ingestel is, behoort die profiel van gronde na aan die boonste limiet van gedreineerde water te wees. Dit verminder risiko vir die komende somerproduksieseisoen. • Die aanduiding is dat heelwat koring aangeplant gaan word. Alternatiewe is vroeë sonneblom of dekgewasse vir afronding van speenkalwers. Opvolgreën behoort in gedagte gehou te word. Sou laasgenoemde plaasvind, behoort ‘n vol grondprofiel steeds Desember beskikbaar te wees vir mielieaanplantings. • Voertuie/implemente op nat grond vererger grondkompaksie. • Groot hoeveelheid water deur grond behoort dit te verdig. • Die loging van water deur die grondprofiel, verlaag die pH en veroorsaak dat voedingstowwe verlore gaan. Indien laasgenoemde in grondwater beland, word die kwaliteit van boorgatwater verlaag. • Water op die land het onmiddellike gebrek aan suurstof tot gevolg en wat opbrengs kan verlaag. Verder ontstaan toksiese konsentrasies nitriet- en nitraat-stikstof. Indien laasgenoemde in grondwater naby die grondoppervlakte oplos, sal dit in atmosferiese stikstof omgeskakel word en verlore gaan. Presisie chemie-ontledings is ’n goeie belegging. Ontleding van stikstoffraksies in die grond word aanbeveel. Ten opsigte van die weiding het die reën te laat gekom om kwaliteit en kwantiteit vir die winter te verseker. Evalueer en doen die nodige aanpassings vir volgehoue produksie. Teen die lees van die artikel, is al die vrotpootjiegevalle al behandel. SENWES SCENARIO | WINTER 2019 29