Senwes Scenario Junie / Julie 2019 | Page 28

ALGEMEEN Die koms van die vryemark en die ontbinding van beheerliggame Die koms van die vryemark en die ontbinding van beheerliggame het gelei tot die liberali­ sering van markte en het ’n nuwe era vir landboubemarking in Suid-Afrika ingelui. Dit het gelei tot groter deursigtigheid in prysvorming en produsente moes ook nuwe bemarkings­ vaardighede aanleer. Vervolgens ’n bondige oorsig oor die aanloop tot die proses.  Deur Johan du Toit Bestuurder: Senwes Landboudienste VANAF 1930’s • Die landbousektor het alreeds vanaf die vroeë 1930's in ’n enkelkanaal- markstelsel gefunksioneer, waar besluitneming rakende pryse deur die staat en die betrokke beheerliggame gedoen is. • In 1937 het die Bemarkingswet in werking getree, wat toenemende ower- heidsinmenging en beheer oor die land se ekonomie behels het. • Daar was egter toenemende tekortko­ minge wat bygedra het tot kontrover­ siële gevoelens rakende ’n enkelkanaal- markstelsel. • Een van die grootste tekortkominge was prysbewegings tussen landbou- en nie-landbouprodukte, wat ’n direkte impak gehad het op produsente se koopkrag. VANAF 1994 • Trae ekonomiese omstandighede en uitdagings soos droogtes, demokra- tisering van Suid-Afrika in 1994, grondverdeling, grondkwessies en internasio­nale mededinging het gelei tot die noodsaaklikheid vir verandering in die landbousektor. • Die gereguleerde stelsel waarin die landbousektor gefunksioneer het, is gesien as eksklusief, waar produsente slegs prysnemers was. • Liberalisering van die landbousektor 26 SENWES SCENARIO | WINTER 2019 • • • • • • • • • • deur die regering was die eerste stap om die leemte in die bedryf te oorkom. Vanaf 1995 het die gereguleerde mark waarin landbou funksioneer, verander na ’n vryemarkstelsel. Die verandering na ’n vryemarkstelsel waar pryse bepaal word deur vraag en aanbod, was gemotiveer deur die behoefte om alle landsburgers toegang tot die landbousektor te gee. Die koms van die vryemark het daartoe gelei dat beheerliggame een vir een beëindig is. Onder andere het die vryemarkstelsel die Mielieraad in 1995 en in 1997 die Koringraad vervang. Die South African Futures Exchange (SAFEX) het die rol van graanbeheer- rade oorgeneem. Deelnemers aan die mark het daartoe gelei dat die regering nie meer die enigste prysbepaler was nie en sou vraag en aanbod (SAFEX) nou die prys van verhandelbare kommoditeite be­paal. In 1996 is die eerste graankontrakte op SAFEX gelys, gevolg deur koringkon- trakte in 1997, sonneblomkontrakte in 1999 en sojaboonkontrakte in 2002. Die verandering na ’n vryemarkstelsel het nuwe kundigheid en aanpassings vereis. Vir Senwes was dit noodsaaklik om proaktief te dink en te funksioneer. Op 10 April 1997 het Senwes veran­der vanaf ’n landboukoöperasie na ’n maat­ skappy wat meeding in die vryemark, met diverse winsgedrewe belange. • Hierdie verandering het gelei tot her- strukturering en uitbreiding asook ’n strenger kredietbeleid. • Senwes se graanopbergingsbesigheid kon daarin slaag om, ten spyte van die omskakeling, winsgewendheid voort te sit. 1998 TOT NA 2000's • Vir die tydperk 1998 tot 2009 sou ver- dere transformasie van Senwes vereis word om binne die vryemarkstelsel winsgewend te funksioneer, soos onder andere inklusiwiteit van verskil- lende rassegroepe, swart ekonomiese bemagtiging en die akkommodering van verskeie taalgroepe. • Ongeag die transformasie en aanpas­ sings wat deur die nuwe markstelsel vereis is, het Senwes in 2009 ’n uit- sonderlike finansiële mylpaal bereik. Die landbousektor kon tot hede daarin slaag om suksesvol binne die raamwerk van ’n vryemarkstelsel, waar vraag en aanbod kommoditeitspryse bepaal, aan te pas en te funksioneer. BRONNE Tyd kweek wenners. Senwes – ’n Eeu van landbou (Elize S van Eeden) Kort en Lank van Termynkontrakte. SAFEX, Graanverskansing, Spekulasie (JM Geyser) The Agricultural Marketing Act: A Post- Mortem. The South African Journal of Economics Vol. 68:3 2000 September (JA Groenewald)