Senwes Scenario Junie / Julie 2019 | Page 26

PRODUSENTFOKUS 'n Burgh tussen Burge ’n Myburgh wat boer tussen Petrusburg en Edenburg Sy van mag dalk Myburgh wees, maar vir Senwes-produsent Johan Myburgh gaan alles in die lewe verseker nie oor homself nie, maar eerder oor die mense rondom hom.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur V ir Johan kom boerdery eerstens met voorwaardes, en met sy grondvaste beginsels en ver- troue in God, bly Johan se voete stewig vasgeanker in landbou. Hy en sy vrou Monica boer al sedert 1970 op die plaas Kingsheath en vier soos Senwes met 110 jaar, ook ’n groot myl- paal vanjaar, met hulle boerdery se 50ste bestaans­jaar hier wat op hande is. Op hierdie plaas, Kingsheath, word Johan bygestaan deur die bekwame Deodé Wilson, wat grotendeels die bees- en saaiboerdery hanteer, en al 11 jaar op die plaas werk en Rohan Coetzee, die nuweling, wat al drie jaar hier werk en die besproeiings- en aartappelvertak- king hanteer, asook jarelange werkers Boy en Nanzi, - “Ek is regtig geseën met goeie mense wat my help.” Dit is juis sy uitgangs­punt om homself te omring met mense wat dieselfde dink as hy. Hy glo in personeel wat selfstandig is: “Ek is nie daar om vir hulle te dink nie en elkeen van 24 SENWES SCENARIO | WINTER 2019 hulle het ’n geweldige trots op hulle werk en is positiewe jong mense met visie,” vertel hy. In die saaiboerdery word mielies, son- neblomme en koring verbou. Daar word ook aartappels, mielies en weiding onder besproeiing geplant. Hoewel hy huiwerig is, koop hy nog steeds grond en het die laaste 640 hektaar so onlangs as in Januarie 2019 aangeskaf. Hulle het swaar begin, vertel Johan en Monica, en is verskriklik dankbaar vir alles wat die boerdery al bereik het. Johan noem dat die paar jaar wat hy saam met sy pa kon boer, hy vir absoluut niks sal verruil nie, aangesien hy daar die grondbeginsels van landbou geleer het. Hulle huwelik en boerdery loop ook amper hand-aan-hand, met hulle huwelik wat al klaar verlede jaar verby die 50-jaar kerf is. Dié Senwes-produsent is verseker ’n klant van Senwes soos hy sy lidnommer uitbasuin. Senwes Equipment is ook hoog op sy lys as jy die aantal John Deere meganisasietoerus­ ting op die plaas tel, en later eenvou­dig net tred verloor. So, ons noem in kort net die splinternuwe John Deere 8345 RT wat in Desember 2018 aangeskaf is en die nuutste toevoe­ging tot dié stal is. Selfs die oudste trekker op die plaas loop nog klopdisselboom, ’n 1982 John Deere 3140 wat hom destyds R12 500 gekos het. Sy eerste John Deere-trekker was ’n 3130 en hy noem dat hy “nog nooit ’n John Deere vir minder verkoop het as waar- voor hy dit aangekoop het nie. Niks vergelyk met John Deere nie, ek kyk nie eens meer na ander nie.” Ons gaan ry op Kingsheath in ’n Toyota-bakkie. “Hier loop net drie dinge op die plaas, ’n John Deere, Toyota en Bonsmaras.” Die Bonsmara-stoet bestaan uit sowat 70 bulle en 300 koeie. Dan word daar boonop met ’n klomp kommersiële Bonsmaras ook geboer. Deodé vertel dat hulle ook op 25 September 2019 hulle 22ste veiling sedert 1996 gaan aanbied. Hy is veral baie opgewonde oor die verskil wat Johan en Kings Heath Bonsmaras maak ten opsigte van die kwaliteit en genetika waarin die hele