Senwes Scenario Junie / Julie 2019 | Page 22

LANDBOUKUNDIG Vervangingsverse Met goeie bestuur die belangrikste bateklas op jou plaas Indien ’n beesboer die verskillende produksiesiklusse van sy beeskudde as beleggings­ moontlikhede in verskillende bateklasse moes groepeer, sou ’n mens kon sê dat daar ver- skillende beleggingsmoontlikhede vir die onderskeie bateklasse bestaan, met verskillende opbrengsmoontlikhede. Een so ’n bateklas in elke boer se portefeulje, is vervangingsverse.  Deur Phillip Lee Hinterland Bestuurder: Vee-oplossings O ngelukkig is dit juis dié be­lang­rike bateklas wat soms nie na wense presteer nie, met gevolglike langtermyn negatiewe finansiële gevolge. In hierdie artikel kyk ons na die redes daarvoor en bespreek hoe ons dit as batebestuurders kan aanspreek. DIE VERVANGINGSVERS Per definisie is ’n vervangingsvers ’n vrou- like dier wat onder natuurlike toestande só ontwikkel, dat sy nagenoeg 66% van haar volwasse gewig op die ouderdom van ongeveer 18 maande bereik, waarna sy dan suksesvol gedek kan word, en op nagenoeg 85% van haar volwasse gewig, geboorte sal gee aan ’n lewende kalf. Voorts moet sy ’n 90% kans hê op her- besetting en moet sy minstens 45% van haar eie liggaamsgewig speen. Die ver- wagting is voorts dat sy elke jaar vir die volgende 10 tot 12 jaar ’n kalf moet speen met ’n TKP van < 400 dae. Uit die defini­ sie van ’n vervangingsvers, kan ons sien dat die verwagting baie hoog is en begin ons om te verstaan hoekom die opbrengs 20 SENWES SCENARIO | WINTER 2019 (kalfpersentasie, speenmassa en herkon- sepsie %) soms teleurstellend is. DIE ROL VAN GOEIE BESTUUR Die invloed van die fondsbestuurder ten opsigte van die spesifieke bateklas kan nie genoeg beklemtoon word nie. Dit sluit alle aspekte van kuddebestuur in – van toesig en gesondheidsbestuur tot voedings­bestuur asook seleksie. Ons sien nog te gereeld in die praktyk dat verse iewers in ’n bergkamp geplaas word en byna van vergeet word om hulle ‘hard’ te maak – voorwaar ’n resep vir ’n swak opbrengs. Net so wanneer die vervangingsgroep te gou by die res van die koeikudde geïnkorporeer word. Die riglyn is om ver- vangingsverse te bestuur as vervangings­ verse, totdat hulle vir die tweede keer deur ’n veearts as dragtig gesertifiseer is. Dit behels basies ’n driejaarprogram. Die potensiaal van die vers as toekomstige kuddekoei, word hier vasgelê. WAAR BEGIN SELEKSIE? Seleksie begin reeds tydens die moeders se dekseisoen. Gee veral voorkeur aan verse wat vroeg in die dekseisoen gebore is. Nie net speen hulle gemiddeld swaar­ der nie, maar daar is ook ’n hoë korrelasie tussen koeie wat vroeg kalf en wanneer hulle dogters tydens die seisoen sal kalf. Ideaal gesproke behoort 60% van koeie binne die eerste drie weke van die kalf- seisoen te kalf, en moet voorkeur aan die verse gegee word. Na speen moet seleksiemaatstawwe soos speengewig (minstens 10% swaar­ der as die gemiddelde speengewig van die verse in die groep), korrekte bouvorm, goeie vroulikheid en geslagsontwikkeling in ag geneem word. Hierdie kan as die eerste rondte seleksie gesien word en daarom word aanbeveel dat produsente op hierdie stadium voorsiening maak vir die aantal verse wat geselekteer word, omdat van die verse by die tweede rondte mag uitval. Die tweede rondte van seleksie is met speentyd, nadat die vervangingverse die eerste keer gekalf het (inaggenome dat hulle voor die dekseisoen deur ’n veearts rektaal ondersoek is om te verseker dat hulle voldoende geslagsontwikkeling toon). Hier word aspekte soos herkonsep- siepersentasie (het sy beset geraak binne die eerste 42 dae van die dekseisoen), speenmassa (het sy 45% van haar eie massa gespeen) en groeitempo (het sy self in massa toegeneem na kalf) in ag geneem – alles is aanduiders van haar aanpasbaarheid.