Senwes Scenario Junie / Julie 2019 | Page 18

INNOVASIE Maak die beesvleisbedryf gereed vir ’n digitale herlewing? Volgens Lauren Manning maak die lewendehawebedryf gereed vir sy beurt in die innovasie- omgewing soos wat meer en meer nuwe besighede die pas versnel. Dié artikel ondersoek ván die uitdagings wat gekoppel word aan die digitalisering van die lewendehawespasie soos ervaar deur die maatskappy Performance Livestock Analytics (PLA).  Deur Martin van Zyl Senwes Groepbestuurder: Innovasie en Geïntegreerde Oplossings I nnovasie verander amper elke seg­ment van voedselproduksie. Ingewikkelde algoritmes evalueer groot hoeveelhede data, afkomstig van rygewasproduksie, nuut ontdekte mikrobes wat aanleiding gee tot bio-ge­ baseerde kunsmis, verandering van gene wat die voedingsprofiel van oeste kan ver- beter en hiperspektrale skandeerders wat verspreid­ers van voedsel help om beter voedselveiligheidstandaarde toe te pas. 16 SENWES SCENARIO | WINTER 2019 Een gebied waar tegnologie nog nie soos ’n veldbrand versprei het nie, is lewendehaweproduksie, wat insluit beesvleisproduksie, suiwelproduksie en ander segmente van die verskaffers­ ketting wat vleis- en melkprodukte op ons tafels plaas. Die bedryf staan maar slegs aan die vooraand van digitalisering, volgens Dane Kuper, stigter en HUB van presisie-diere­ tegnologiemaatskappy, Performance Livestock Analytics (PLA). “Lewendehawe is een van die laaste bedrywe waar jy ware digitalisering sal sien. Elke ander bedryf is reeds deur ’n digitale rewolusie,” verduidelik Kuper. “Lewendehawe is ’n effens kleiner be­dryf as rygewasproduksie en is waar­ skyn­lik meer uitdagend in terme van hoe tegniese aspekte opgelos kan word. Daar is waarskynlik ook meer veranderlikes wat hanteer moet word en ’n groter aan- vraag na wyses waarop hierdie produkte geproduseer moet word, vergeleke met rygewasproduksie,” verduidelik Kuper. “Vleis is ’n hoëwaardeproduk wêreldwyd en vleisverbruik is besig om te styg. Die verbruiker wil ook nou baie meer weet oor hoe die produk geproduseer word.”