Senwes Scenario Junie / Julie 2019 | Page 16

NUUS 12 | Senwes geniet Nampo 2019 hebbendes in landbou aan te moedig en om bewustheid te skep en oplossings te vind vir die brandpunte wat die bedryf in die gesig staar. Vanjaar se Nasie in Gesprek is gekenmerk deur ’n besliste gevoel van welwillendheid met betrekking tot die brandpunte. Teen die agtergrond van die nasionale verkiesing wat onlangs plaasgevind het en die brandende kwes- sie van grondhervorming en ekonomiese vernuwing, het die sessies by Nampo die heersende stemming weerspieël. Die kwaliteit van die gesprekke het nuwe hoogtes bereik met fasiliteerders en deelnemers wat die volgende persone ingesluit het: In Transformation Initiative en voormalige minister Roelf Meyer; afgetrede ambassadeur en landbou- ekono­miese kenner, Malcolm Ferguson; LBW hoofredakteur Chris Burgess; Galileo Capital HUB Theo Vorster; poli- tieke kommentator Theo Venter; strateeg Leona Archary; Graan SA se Senelizwe Fakade, Christo van der Rheede, Ikageng Maluleke en Jannie de Villiers; Gloria Serobe van Wiphold en Wipcapital; Nkosi Minenkulu Joyi – tradisionele leier van Baziya Traditional Council & Royal House of Joyi en Landbouweekblad se Siyanda Sishuba, om net ’n paar te noem. Die onderwerpe van bespreking was soos volg: Post-Verkiesing Politieke Perspektiewe; Publieke Privaat Vennootskappe en Volhoubare Ekonomiese Groei; Herlewing van die 14 SENWES SCENARIO | WINTER 2019 Senwes het vanjaar die Kaalvoet Kinderparkie speelarea vir kinders bekend gestel, waar kinderoppassers ’n ogie gehou het oor die kleingoed terwyl hul ouers alles by Nampo verken het. Die foto’s links vang ’n paar van die oomblikke vas by Nampo, insluitend Senwes se skoonmaakspan wat die omgewing op pad na Nampo rommelvry gehou het. Platteland; Landbou - ’n Wêreldbesigheid – Waar bevind Suid-Afrika homself; Ondersteuning en Befondsing van ’n Ontwikkelende Landboubedryf; Tegnologie en Befondsing; Die rol van Gemeenskaplike Grond in Landbou- ontwikkeling; Water: ’n Kritiese Kommoditeit en ’n Kykie in die Toekoms - Geleenthede in Landbou. Die sessies, wat goed bygewoon is en waaraan die gehoor aktief deelge- neem het, kon regstreeks op die Nasie in Gesprek webblad gekyk word. Om daarna te kyk, besoek asseblief www. nationinconversation.co.za. Sosiale media het weereens gegons met kommentaar en reaksie oor die besprekings. Volg die inligting wat Nasie in Gesprek en Senwes op sosiale media plaas vir intydse stand- punte oor alle landboukwessies. As jy nog nooit by Nampo was of Nasie in Gesprek gekyk het nie, maak ’n punt daarvan om na die gesprekke te kyk - jy mis uit op die nuutste ontwikkelinge en belangrike onderwerpe in landbou. Die landboutoekoms lyk positief, veral met ’n nuwe landbou-ontwikkelingsagents- kap wat in wording is om boere by te staan. Kyk regstreeks op die Nasie in Gesprek webblad vir meer inligting oor die ondersteuning en befondsing van ’n ontwikkelende landboubedryf. Ons hoop om u almal weer volgende jaar te sien, of by Nasie in Gesprek by Nampo Kaap in September.