Senwes Scenario Junie / Julie 2019 | Page 12

Tema: eding vo re Die LANDBOUKUNDIG RUVOER IN DIE VOERKRAAL Wat is die waarde van ruvoer en hoe moet dit in die voerkraal aangewend word? Herkouers, soos beeste en skape, het oor tyd aangepas om ruvoer effektief te kan verteer. Om ’n gesonde verteringstelsel the handhaaf, moet ’n minimum hoeveelheid ruvoer in voerkraalrantsoene ingesluit word. Verskillende bronne van ruvoer het verskillende voedingswaarde en fisiese eienskappe wat in die formulasie van voerkraalrantsoene in aanmerking geneem moet word.  Deur dr Kobus Swart Dierevoedingskundige D ie plant se selwandbestand­ dele, wat ons as vesel beskryf, kan nie deur die dier verteer word nie en moet deur mikro-organismes gefermenteer word. Herkouers neem ruvoer met groot partikel­ grootte in en kan hierdie voer selektief in die rumen terughou sodat voldoende vertering of fermentasie kan plaasvind. Herkou vind ook plaas sodat voer fyner gekou kan word, verder verteer en na die laer verteringstelsel gestuur kan word. Gedurende die kouproses word speeksel afgeskei wat sure in die rumen buffer om 10 SENWES SCENARIO | WINTER 2019 die pH van die rumen konstant te hou om ’n optimale omgewing vir die vertering van vesel te skep. In ’n produksiestelsel soos ’n voerkraal, is daar ekonomiese, operasionele en voedingkundige redes om die ruvoerin- houd van voere so laag as moontlik te hou. Ekonomies, is grane en konsentrate ’n goedkoper bron van voedingstowwe as ruvoere. Operasioneel, het ruvoer ek­­ stra koste van prosessering in die vorm van maal en snyaksies om homogene mengsels en konstante verskaffing van voere asook konstante voerinname sonder voersortering, te verseker. Voedingkundig varieer ruvoere se biochemiese en fisiese samestelling aansienlik wat konstante voersamestelling, voerinname en groei­ prestasie bemoeilik. Daar is dus vele praktiese redes om die minimum ruvoer in voerkraalrantsoene in te sluit. BEPALING VAN VESELINHOUD VAN VOERE VIR HERKOUERS In dierevoeding word vesel as ’n voeding­ stof en nie as ’n chemiese of anatomiese deel van die plant gedefinieer nie. Voedingkundig het vesel beide fisiese en biochemiese eienskappe wat tot die meganiese proses van vertering (kou en deurvloei) asook die ensimatiese afbreek- proses met fermentasie, verband hou. Die term wat vesel beskryf as ruvesel (CF), is onbetroubaar en word nie meer gebruik nie. Suurbestande vesel (ADF - acid detergent fibre) bevat nie hemisellu­