JAG
Hoe bepaal ek of my
geweer akkuraat is?
Om ’n drieskootgroepering op 100 m te skiet met die skote wat mekaar sny, is sekerlik ’n
bewys dat my geweer akkuraat is. Maar is dit die enigste maatstaf wat ons moet gebruik om
te bepaal of ’n geweer akkuraat is?
Deur Jan-Lodewyk Serfontein
Jagkenner
W
ant in werklikheid gebeur dit
maar selde dat drie skote
mekaar sny op jou teiken.
’n Geweer kan 100% reg
opgestel wees, met die ammunisie wat
perfek herlaai is daarvoor en nog steeds
kan dit op ’n bepaalde dag nie die gewen-
ste groepering skiet nie. Dit is as gevolg
van eksterne faktore wat die koeël se vlug-
baan beïnvloed en sodoende die geweer
van sy teiken af druk.
Daar is ’n paar ander faktore wat ook
die akkuraatheid van ’n geweer beïnvloed
buiten die eksterne faktore soos wind en
temperatuur. ’n Skut se skiettegniek is ook
’n groot bepalende faktor in die plasing
van die skote op die teiken. Die skietteg
nieke wat ’n skut moet bemeester om
sy geweer akkuraat te laat skiet sluit in
snellerdruk, wangposisie en terugskophan-
tering. Indien die veranderlikes nie elke
keer die selfde gedoen word nie behoort
jou geweer nie akkuraat te skiet nie.
Swak kwaliteit teleskope en skuts wie
se sig verswak, kan ook bepalend wees tot
die akkuraatheid van ’n geweer. Teleskope
speel ’n belangrike rol in skootplasing.
Behalwe dat jy moet sien wat jy wil skiet
moet die teleskoop self ook akkuraat wees.
’n Akkurate teleskoop se kruishaar skuif
nie vanself rond nie – stel akkuraat indien
verstelling benodig word. Aangesien ’n
loop wat 0.016 grade wegbeweeg van die
mikpunt af tot gevolg het dat jy nie meer ’n
duimgroepering op 100 tree kan skiet nie,
is dit belangrik dat jy ’n teleskoop het wat
so akkuraat kan mik.
Indien die eksterne faktore en die skut
se tegniek so ’n groot effek op ons skote
se trefpunt het, moet daar ’n ander ma
nier wees waarmee ons kan bepaal of ’n
geweer akkuraat is of nie. Met tegnologie
wat alles verbeter, tot en met gewere, moet
daar iets wees wat ons kan gebruik om
makliker te bepaal of ’n geweer akkuraat
is of nie.
In ’n artikel wat op die webwerf www.6.
5Guys.com geplaas is op 20 Junie 2015,
genaamd Load Development (Part 1 of
2), verduidelik die skrywer hoe hy lading-
ontwikkeling benader. Een van die maniere
wat hy gebruik om ’n akkurate lading te
bepaal, is om die spoed van elke skoot te
meet en dan die lading te gebruik waarvan
die spoed die kleinste uiterste verspreiding
het. Die uiterste verspreiding van spoed
van ’n groep ladings word uitgewerk deur
die stadigste spoed van die vinnigste
spoed af te trek. Die antwoord gee dan
die uiterste verspreiding van spoed van ’n
spesifieke lading. Die artikel noem dat die
teikens wat goeie groeperings het, goed
vergelyk met die ladings wat klein uiterste
verspreiding in spoed het. Kan ons dus
spoed gebruik as ’n aanduiding van akku-
raatheid?
Die spoed waarteen ’n koeël die
geweer se loop verlaat, word bepaal deur
interne ballistiek. Indien 2 koeëls se interne
ballistiek dieselfde is, behoort hulle op
dieselfde plek te skiet, indien skuttegniek
en eksterne faktore buite rekening gelaat
word. Die spoed waarteen ’n koeël die
loop verlaat, bepaal die trajek van die
koeël. Indien elke trajek presies dieselfde
is, behoort elke koeël op dieselfde plek te
skiet.
Voor ons net aanvaar dat spoed vir ons
’n goeie aanduiding gee rakende die akku-
raatheid van ’n geweer, moet ons dit gaan
toets. Indien moontlik, meet ek my geweer
se spoed tydens ladingontwikkeling.
Die spoed wat ek meet is vir trajek
bepaling en nie noodwendig om die
verband tussen spoed en akkuraatheid te
bepaal nie. Daarom sal ek ’n toets doen
om die verband tussen spoed en akku-
raatheid te bepaal. Ek laat weet julle wat
my bevinding is!
SENWES SCENARIO | WINTER 2019
35