Senwes Scenario Junie / Julie 2019 | Page 30

AREAFOKUS Petrusburg Die tak op Petrusburg is 36 jaar oud nadat dit in 1977 amptelik geopen is. Nie net êrens in die middel Meeste mense sal vra waar Petrusburg is. In sy digterlike stem sing Elvis Blue van ’n plek waar hy homself bevind: Êrens in die middel van nêrens. Maar die mense in die Vrystaat en Noord-Kaap weet presies waar Petrusburg in Suid-Afrika gevind kan word. Nie net êrens in die middel nie, maar reg in die middel van hierdie geliefde land van ons.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur P etrusburg is eintlik by die geografiese middelpunt van Suid-Afrika geleë, by Emmaus wat net sowat 20 km vanaf Petrusburg geleë is. Petrusburg is ook presies die middelpunt tussen die Vrystaatse hoofstad, Bloemfontein en die ekwivalent in die Noord-Kaap, Kimberley met 80 km na weerskante. DIE BEGIN VAN DIE MIDDELPUNT Petrusburg is in 1982 gestig en ver­noem na die plaaseienaar, Petrus Albertus Venter. Die area het eers bekendheid verwerf as ’n perde- en muilteeltsentrum, daar- na het koningaartappels hoogty ge­­vier, waarna Jersey beeste met gemengde boerdery en koring gevolg het. En ook 28 SENWES SCENARIO | WINTER 2019 Bonsmaras, soos by Senwes-produsent Johan Myburgh. te verseker, met sommiges wat verby die opposisie ry vir goeie diens. TAK OOK BAIE SENTRALE PUNT So ’n klipgooi van die middedorp is die Hinterland-tak te vinde, met takbestuurder Lourens Brand aan die stuur. Lourens ver- tel dat die tak al ’n volle 36 jaar bestaan, dis nou sedert die besturende direkteur van die destydse Land- en Landboubank van Suid-Afrika, T.C. de K. Pienaar, die tak amptelik op 22 Augustus 1983 geopen het. In totaal is daar 19 personeellede en Lourens het ’n interessante siening oor die dorp. Hy sien Petrusburg as ’n uiters strategiese tak vir Hinterland en Senwes. “Dit is basies in die middel en inderwaarheid in ’n sekere sin, ‘n barrier to entry, met al die landboumaatskappye reg rondom hulle. Meganisasiegewys is Senwes Equipment ook ’n voorstander met personeel wat uit hul pad gaan om klantetevredenheid rakende onderdele SENWES GRAINLINK SILO Skuins agter die tak is die Senwes Grainlink Petrusburg silo, met agt per- soneellede. Die silo is in 1977 gebou en is amptelik deur die destydse Minister van Landbou, Hendrik Schoeman geopen. Gewasse wat ontvang word, is koring, wit- en geelmielies sowel as sojabone. Op hierdie stadium is geelmielies die meeste, gevolg deur koring en sonneblom. Die silo het 16 buise met ’n totale kapasiteit van 60 000 ton - 12 buise van ongeveer 4 500 ton elk en 4 kleiner buise van 1 200 ton elk. Vroeër jare, in 1979, het hulle sakke koring gehanteer. Die meeste koring in die geskiedenis van Senwes is vanaf rondom 1990 tot 2000 hanteer. Hoewel Petrusburg in die middel van Suid-Afrika geleë is, is dit egter die mees suidelike