INNOVASIE
Maak die beesvleisbedryf
gereed vir ’n
digitale herlewing?
Volgens Lauren Manning maak die lewendehawebedryf gereed vir sy beurt in die innovasie-
omgewing soos wat meer en meer nuwe besighede die pas versnel. Dié artikel ondersoek
ván die uitdagings wat gekoppel word aan die digitalisering van die lewendehawespasie
soos ervaar deur die maatskappy Performance Livestock Analytics (PLA).
Deur Martin van Zyl
Senwes Groepbestuurder: Innovasie
en Geïntegreerde Oplossings
I
nnovasie verander amper elke
segment van voedselproduksie.
Ingewikkelde algoritmes evalueer
groot hoeveelhede data, afkomstig
van rygewasproduksie, nuut ontdekte
mikrobes wat aanleiding gee tot bio-ge
baseerde kunsmis, verandering van gene
wat die voedingsprofiel van oeste kan ver-
beter en hiperspektrale skandeerders wat
verspreiders van voedsel help om beter
voedselveiligheidstandaarde toe te pas.
16
SENWES SCENARIO | WINTER 2019
Een gebied waar tegnologie nog nie
soos ’n veldbrand versprei het nie, is
lewendehaweproduksie, wat insluit
beesvleisproduksie, suiwelproduksie
en ander segmente van die verskaffers
ketting wat vleis- en melkprodukte op
ons tafels plaas.
Die bedryf staan maar slegs aan die
vooraand van digitalisering, volgens Dane
Kuper, stigter en HUB van presisie-diere
tegnologiemaatskappy, Performance
Livestock Analytics (PLA).
“Lewendehawe is een van die laaste
bedrywe waar jy ware digitalisering sal
sien. Elke ander bedryf is reeds deur ’n
digitale rewolusie,” verduidelik Kuper.
“Lewendehawe is ’n effens kleiner
bedryf as rygewasproduksie en is waar
skynlik meer uitdagend in terme van hoe
tegniese aspekte opgelos kan word. Daar
is waarskynlik ook meer veranderlikes
wat hanteer moet word en ’n groter aan-
vraag na wyses waarop hierdie produkte
geproduseer moet word, vergeleke met
rygewasproduksie,” verduidelik Kuper.
“Vleis is ’n hoëwaardeproduk wêreldwyd
en vleisverbruik is besig om te styg. Die
verbruiker wil ook nou baie meer weet oor
hoe die produk geproduseer word.”