Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 9

LANDBOUKUNDIG ingekoopte speenkalwers in ’n voer- kraal afgerond, geslag en karkasse of vleis as eindproduk gelewer. Elkeen van hierdie produksiestelsels het, behalwe basiese soortgelyke kudde­be­ stuurs­praktyke, ook eiesoortige be­stuurs­­ kennis van gesondheid, voeding, biologie­ se produktiwiteit, rekordhouding, bemar­ king en risikobestuur nodig om sukses­vol te wees. WAT IS DIE VOORDELE? Voordele van ’n veevertakking as deel van ’n graanboerdery is die volgende: ➊ Diversifikasie of verdeling van alge­ mene maar veral prysrisiko: Graan en spesifiek mielies en maalprodukte soos Hominy Chop, is die primêre energie- bron vir diere in Suid-Afrika. ’n Swak graanprys is ’n goedkoop prys vir vee- produksie. ➋ Optimale benutting van grond: Natuur­ like weiding op uitvalgrond - of aange- plante weiding op marginale lande vir graanproduksie kan produktief vir veeproduksie gebruik word. ➌ Addisionele voerbronne: Die basiese hulpbron wat die kapa- siteit vir veeproduksie bepaal, is voer. Graanboerdery verskaf verskillende bronne van voer wat nie ten koste van graanproduksie is nie en produktief vir veeproduksie benut kan word. ➍ Kapasiteit vir voerproduksie: Kuilvoer is wel ten koste van graan- produksie, maar kan strategies en koste-effektief as ’n voerbank vir die veevertakking gebruik word. ➎ Effektiewe benutting van hulpbronne: Veeproduksie het gespesialiseerde toe rusting nodig maar is daar wel toe- rusting, arbeid en bestuurskapasiteit vir die graanboerdery wat ook vir die veevertakking aangewend kan word. ➏ Effektiewe finansiële bestuur: ’n Veefaktor stel die boer in staat om kontantvloei, inkomstebelasting en koste beter te bestuur. WATTER KENNIS EN INFRASTRUKTUUR IS NODIG? ’n Veeproduksievertakking het spesifieke toerusting, infrastruktuur en vakkundige kennis nodig. Die volgende is tipies wat in aanmerking geneem moet word: • Hanteringsfasiliteite soos ‘n laaibank, hanteringskrale en drukgang, afkamp met draadheinings en loopgange, vreet- en waterkrippe. • Voerhanterings- en prosesseringtoe- rusting soos grassny- en baalmasjien, kuilvoerkerwer (kan ook ingekontrakteer word), voer laai- en vervoertoerusting, maaltoerusting om graan en/of ruvoer te prosesseer, opbergfasiliteite vir voer. • Arbeid wat vir veehantering opgelei en verkieslik ’n natuurlike aanvoeling het en wat daaglikse toesig en bestuur kan doen. • Spesifieke kennis oor veeproduksie- bestuur asook bestuurskapasiteit om strategiese en korrekte besluite betyds te neem. WATTER VOERBRONNE IS BESKIKBAAR? Die primêre hulpbron wat die grootte van die veevertakking sal bepaal, is die hoe­ veelheid voer wat beskikbaar is. Die vol- gende voerbronne word tipies in ’n graan- boerdery geproduseer en kan uitstekend vir veeproduksie benut word: • Mielies en maalprodukte soos Hominy Chop, as graan wat gewoonlik op die plaas of in die omgewing beskikbaar is. • Gebaalde oesreste wat van die land verwyder en as ruvoer geberg en gevoer word. • Oesreste op die land wat na die oes- proses afgewei word. • Natuurlike weiding wat op uitvalgrond afgewei en/of wenakkers wat as hooi gesny word. • Aangeplante weiding wat op marginale of ongeskikte gronde vir graanproduk­ sie geproduseer kan word. • Groenweiding as jaargewasse wat op lande vir strategiese redes, soos wis- selbou, geplant word. • Stoek- of verdroogte mielies wat as voer gemaal kan word. • Kuilvoer wat van mielies op ‘n beperkte oppervlakte gesny, geberg en deur die jaar gevoer word. Sodra besluit is watter bronne van voer die beste gebruik sal kan word, is dit nodig om die realistiese hoeveelhede en beskikbaar- heid van elke bron deur die jaar te bere­ ken. Hierdie inligting is die basis van ’n voervloeiprogram vir die veeproduksiestel- sel wat gekies word en sal bepaal hoeveel diere met watter voerbron(ne) deur die jaar gevoer sal kan word. Dit sal ook bepaal watter voeraanvulling gebruik moet word om gebalanseerde voer te kan voorsien om maksimum produksie te verseker. Om die produktiwiteit van produksiestelsels vir beeste te verbeter. Adviesdiens vir herkouervoeding Voerprosessering, voedingsbestuur en formulering van voere vir volhoubare produksieprestasie Formuleer en verskaf konsentrate om formulasies te komplimenteer Dr. Kobus Swart 083 262 0946 • [email protected] SENWES SCENARIO | WINTER 2018 7