Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 8

LANDBOUKUNDIG Vee + graan = Tema: Vee 'n slim keuse Behalwe vakkundige kennis is risikobestuur die belangrikste vaardigheid waaroor ’n produsent moet beskik. ’n Veevertakking wat met graanproduksie gekombineer word, spreek risiko direk aan en maak dit ’n slim keuse.  Deur dr Kobus Swart Dierevoedingskundige D ie kombinasie van graan- en veeboerdery het meer as een voordeel, waarvan bestendi­ ge en seker voerproduksie die belangrikste is. ’n Veevertakking met gepaardgaande infrastruktuur en toerus­ ting is ’n langtermynbelegging en moet deeglik oorweeg en beplan word. Die nodige vakkundige kennis en die toepas­ 6 SENWES SCENARIO | WINTER 2018 sing daarvan met kuddebestuur is die basis van enige suksesvolle veeproduk­sie- onderneming. Die eerste keuse wat gemaak moet word is watter eindproduk met die veever- takking geproduseer wil word. Hierdie keuse sal die aard van kuddebestuur, fasi- liteite en toerusting bepaal waarop gefokus moet word. Daar is tipies drie produksiestelsels waaruit ’n keuse gemaak moet word: ➊ Genepoel of reproduksiekapasiteit: Dit is waar diere met groter teelwaarde in ’n stoetery of kommersieel geteel en teen ’n premie bemark word. ➋ Vleisproduksiekapasiteit: Hier word speen­kalwers met ’n koei-kalf produk­ siestelsel geproduseer en tipies aan voerkrale bemark. ➌ Karkasproduksie: Hier word eie en/of