Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 62

Kos vir die siel
RUBRIEK TUIN

Kos vir die siel

Waarteen staar jy jou blind ?

Milanie Vosloo

Ons staar ons blind teen die Goliatte en Filistyne . Dit terwyl vyf klippies langs ons lê met die slingervel byderhand .

Ons hoef nie vir mekaar ons land , politieke , landbou- en gronduitdagings uit te spel nie . Inteendeel : ons is al hartlik moeg vir die reuse probleme wat net nie tot die spits gedryf word nie .
Natuurlik doen ons alles om die slegte af te weer en ’ n toekoms te verseker . Maar soms dink ek ons probeer dit met die verkeerde toerusting . Ons probeer die Goliatte met hulle monderings en metodes aanpak . Omdat ons die Dawid-verhaal vergeet ; vergeet van ’ n magtige God en dat ’ n klein slingervel van hoop en vyf klippies geloof meer as genoeg is .
Stap na die Rivier van Lewe sodat ons daar , langs die waters van rus , weer God se stem hoor . Die waarhede stuk-stuk optel : soos God se trou , Sy regverdigheid , beskerming en liefde . En hierdie ontwyfelbare beloftes diep in ons hart se sak bêre dat ons dit kan uithaal en gebruik wanneer dit nodig is .
Dit was onmoontlik dat die Israeliete as vry mense uit Egipte sou trek ; dit was ondenkbaar dat water uit ’ n klip kom ; dat brood uit die lug val ; ’ n paar manne ’ n leërskare sou verslaan ... een klein seuntjie ’ n reus sou doodmaak . Tog het hierdie dinge gebeur , want daar was meer as net mense ... daar was ’ n God .
Waarteen staar jy jou blind ? Die struikelblokke , uitdagings en probleme op jou lewensreis ? Of teen die God wat deur eeue Sy kinders beskerm . Die God wat belowe : Hy hou Sy hand oor my om my te beskerm . Ek is belangrik vir die Here . Hy gee my krag om te doen wat Hy vra ( Jes . 49:2b , 4b ).
Here , verander asseblief die manier hoe ek na dinge kyk dat ek U sal sien . Dan sal vyf klippies genoeg wees .
Wen met Senwes en Cum Uitgewers
Hoop wat kaalvoet loop is in Augustus 2016 uitgereik en is teen R179.95 op die rakke . Een gelukkige leser kan ’ n kopie wen van Hoop wat kaalvoet loop , 101 dagstukke vol hoop en inspirasie wat jou siel sal verkwik . SMS Senwes , Cum , jou naam , telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 31 Julie 2018 .
Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie . Vir die volledige kompe tisiereëls , besoek die webtuiste www . senwes . co . za .
59 | Winter en sy blaartapyt
en knolle . Werk ook kompos ( organies ) in die grond in en bemes . Die verskaffers het bemesting vergemaklik deur met ’ n visuele beeld aan te dui wat vir blaargroei en vir die aanmoediging van blomme , groente en vrugte van pas is .
BLOMME VIR ’ N WINTERSTUIN Primulas is ‘ n staatmaker ( skadu / son ) Gesiggies is kleurvol ( son ) Alyssum vir kantbeplanting ( son ) Delphiniums vir hoogte ( son ) Dianthus vir hoogte ( son ) Foxgloves vir hoogte ( son ) Petunias vir intense kleur ( son ) Snapdragons vir prag ( son ) Knolle Daffodille , anemone , tulpe en frezias in sonlig .
Onthou dat herfs en winter die tyd is om met mening te snoei . Bome en struike moet goed teruggesny en uitgedun word . Indien jy dit nog nie gedoen het nie , is dit nou die tyd . Dit stel die plant in staat om die nodige voeding na die nuwe groei en bloeisels te kanaliseer . Herfs is die uitstekende tyd om die nuwe bome en struike te plant aangesien dit hulle tyd gee om hulle wortels te vestig voor die aankoms van die koue , veral vrugtebome .
U groentetuin wat ook reeds gevestig is vir die beste resultate , kort ook nou kompos en bemesting . Dit is noodsaaklik vir goeie opbrengste .
GROENTE VIR DIE WINTER Groente wat suksesvol deur die winter groei en ’ n gebalanseerde bron is van vitamiene en minerale : Beet , wortels , rape , radyse , blaarslaai , ertjies , uie , spinasie en seldery .
Onthou dat dit uiters noodsaaklik is om te ‘ mulch ’. Die drie top elemente is boombas , kraalmis en dan ook blare en grassnysels . Die blare en gras sal ’ n fantastiese begin of aanvulling vir ’ n nuwe of bestaande komposhoop wees . Herwinning is wat op die voorgrond van enige tuinier se ge dagtes moet wees .
Beplan ook nou verandering aan beddings asook enige bouwerk in u tuin .
Geniet ’ n kleurvolle winterstuin .
60
SENWES SCENARIO | WINTER 2018