TUIN
Winter
en sy blaartapyt
Daar is ’n byt in die lug wat
die seisoensverandering
aankondig. Herfs en winter is
hier, wat die verkleuring van
blare en uiteindelik die blaar-
tapyte op ons grasperke en
plaveisel beteken.
Deur Carl Kirstein
O
mhels die tyd en geniet die
verandering van u somertuin
na ’n winterparadys.
’n Wenk vir die seisoen
is om soveel moontlik blare in die bed-
dings te los aangesien dit help om die
grondtemperatuur te behou en dus die
plante se wortels teen die winterkoue te
beskerm.
Dit is nou noodsaaklik om die
voorbereiding vir jou tuin te doen. Baie
van die somersblomme is nog in blom.
Maak maar oë toe, trek dit uit en berei die
grond voor vir winter- en ander saailinge
60
SENWES SCENARIO | WINTER 2018
59