Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 60

PERSPEKTIEF

‘ Nosce te ipsum ’ – Ken jouself !

“ Knowing others is intelligence ; knowing yourself is true wisdom . Mastering others is strength ; mastering yourself is true power .” Lao Tzu
Deur Jenny Matthews

Die sonnetjie trek ligstrepies in die lug , bome kaalgestroop met die grys buitelyne van die takke sigbaar teen die dagbreek . Die winter is ' n periode van rus , ' n tyd wanneer alles stadiger gebeur , maar dit is nie ' n ware beeld van lewe op die plaas ! Julie , die koudste maand en vroeë oggendasem maak stoom wanneer boere die koue instap na ' n warm koppie koffie . Terwyl Moeder Natuur rus , moet die oes ingebring word . Dit is ' n besige tyd en die plaaskantoor is ' n byenes van bedrywighede . Ander is weer besig met slag , verwerking , opberging na die oes- en jagseisoen . Daar is ' n gevoel van vervulling in die lug en elkeen het ' n rol om te speel .

Landbou is dinamies , nooit ' n oomblik met niks is om te doen . Die omvang van aktiwiteite is wyd en daar is plek vir almal . Die sleutel tot ' n gelukkige ondervinding is om jou sterkpunte te identifiseer en daarop te kapitaliseer . Ons was saam op Laeveld Agrochem se bootsafari in April . Dit was ' n wonderlik en boere is omtrent vermaak en gemotiveer deur ' n skare interessante mense , insluitend motiveringspreker , Lynette Beer . Sy het die belangrikheid om jouself te ken , beklemtoon ! Sy het gesê dat wanneer jy nie jouself ken - of jou kollegas , werknemers , vennote of kinders - dit tot spanning lei . Socrates het die frase
‘ nosce te ipsum ’ – Ken jouself bekendgestel . Hy het in der waarheid gesê , “' n Lewe wat nie ondersoek word is nie werd om geleef te word nie !” Beer voel dat wanneer mense in ' n spasie is waar hulle hul natuurlike sterkpunte kan gebruik , hulle gelukkiger en meer produktief is .
Daar is baie persoonlikheidstoetse en almal bied insig . Dit leer ons om ingeligte loopbaankeuses te maak en ons sterk- en swakpunte te verstaan . Dit is goed om te weet of jy ' n ' versorger ' is wat mense gelukkig wil maak . Maar dit kan beteken dat jy altyd mense tevrede wil stel en jou eie behoeftes ignoreer . Dit is voordelig om bewus te wees van hoe jou sterk- en swakpunte inwerk op jou gesin , sosiale kring , ensovoorts . Dit is ' n nuwe norm om werknemers aan persoonlikheidstoetse te onderwerp . Die doel is om dieper as papierkwalifikasies te kyk , of die persoon sy werk kan doen en by die kultuur sal inpas . Persoonlikheidstoetse evalueer hoe ' n kandidaat leierskapaanleg , interaksie , spanwerk , probleemoplossing en druk sal hanteer .
Persoonlikheidstoetse bevestig feite omtrent jouself en openbaar onbekende dinge . Dit is bemagtigend om ' n objektiewe beeld van jouself te kry en ' n beter begrip van die persoonlikheidstipes waarmee jy skakel . Daar is nie regte of verkeerde antwoorde in persoonlikheidstoetse asook geen positiewe en negatiewe persoonlikheidstipes . Indien jy bewus is van jou swakhede , kan jy dit verbeter en die beste maak van jou sterkpunte . Indien jy jouself nie goed ken nie kan die wêreld jou definieer . ' n Senior lektor by Noordwes Universiteit beveel die EnneaApp aan . Nadat ek die toets gedoen het , het ek baie interessante dinge omtrent myself geleer ! Ek het lekker in my mou gelag omdat ek die ander dag iemand se lof besing het toe my jongste seun lag en sê dat ek altyd die beste in almal wat ek ontmoet , sien - die toetsresultate dui aan dat ek lojaal is en oorboord gaan om die beste in almal raak te sien - daar het jy dit !
Alle aktiwiteite op plase word deur mense uitgevoer . Plaaswerkers en toesighouers het almal verskillende persoonlikhede . Die manier waarop hulle gekeur word , hoe hulle bestuur en gemotiveer word maak die verskil .
Dit is winter daar buite , maar dit is winter in ons harte ook omdat ons bekommerd is oor bedreigings wat ons boerderyondernemings en plaasgrond in die gesig staar . Brand Pretorius , voormalige HUB van McCarthy en gasspreker by die 2018 Graan SA Kongres het gesê : “ Ek het soveel agting en respek vir boere - vir hul waagmoed , kundigheid en deursettingsvermoë ”. Hy het die boere aangemoedig om sterk leierskaprolle te vervul . ' n Effektiewe leier ken homself en sy mense ; lei mense uit koue plekke na waar hulle kan floreer , wat transformasie en motivering verseker . Boere wat leiers is , weet wie hulle is ; hulle ken hulle mense en hulle is fakkeldraers vir hoop in ' n winterslandskap .
58
SENWES SCENARIO | WINTER 2018