Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 59

NUUS Senwes graduates 2018 Senwes program vir gegradueerdes saai die saad van kennis Die Senwes program vir gegradueerdes is 'n uitstekende voorbeeld van die maatskappy se pogings om sy eie bron van kennis te skep. Deur Kefiloe Manthata B y Deur gegradueerdes in diens te neem, te ontwikkel en nuwe vaardighede te leer, terwyl hulle bestaande vaardighede afgerond word, kan nuut aangestelde talent in ‘n werknemer ontwikkel word wat die maat­ skappy se visie tot uitvoering kan bring. Oor 'n periode van twaalf maande word fokus geplaas op die identifisering van elkeen se talente en sterk punte sodat hulle 'n positiewe bydrae sal maak tot die groei en ontwikkeling van die maatskappy. “Ons belê in hoëpotensiaaltalent; mense wat die besigheid vorentoe kan neem”, sê NW Smit, Bestuurder: Talent en Organisatoriese Ontwikkeling by Senwes. Potensiële kandidate ondergaan 'n streng keuringsproses om die beste van die bestes te identifiseer ten einde die met die hoogste suksespotensiaal te kies. 'n Kortlys word saamgestel gebaseer op voorafbepaalde vaardighede, kennis en fokus­ areas. Dit stel nuwe talent in staat om uit die bestaande bron van kennis binne die maatskappy te put met bystand van meer ervare werknemers om die kultuur van professionalisme en produktiwiteit te aanvaar wat hulle bekwame werknemers in hul spesifieke veld sal maak. “My belangrikste doelwit is om te verseker dat alle gegradueerdes voldoende opleiding en blootstelling in hul gespesialiseerde velde ontvang”, voeg Smit by. Om 'n tekort aan talent binne die organisasie te voorkom, het Senwes 'n metode aanvaar waarvolgens gegradueerdes aangestel word in departemente waar daar 'n behoefte vir hulle is en waar daar potensiaal is om te groei en te ontwikkel binne die maatskappy vir 'n langer tydperk as die twaalf maande van die program. Mentorskap speel 'n belangrike rol in die opleiding. “Dit is belangrik vir ons om in die groei van die gegradueerdes te belê om aan elkeen 'n mentor te voorsien wat gespesialiseerde vaar- dighede aan hulle kan oordra en hulle kan help met ontwikkeling. Ons poog om formele mentors te kry vir elke gegradueerde”, sê Smit. Die oordrag van gespesialiseerde kennis en vaardighede van ervare werknemers na gegradueerdes, skep 'n opvolgpyplyn en vestig 'n nuwe generasie wat Senwes die toekoms sal inneem. SENWES SCENARIO | WINTER 2018 57