GRAANMAKELAARS
52 | Markeffektiwiteit
aan die produsent uitbetaal en sodoende word kontantvloei
gegeneer, hoewel so ‘n strategie opsiekoste het.
➌ Call-opsies
Die produsent verkoop sy tonnemaat en vervang die tonne met
call-opsies. Daar is ’n koste aan hierdie opsies (opsiepremie)
verbonde, maar met die voordeel dat hierdie koste ook die
maksimum verlies is, indien die mark sou daal.
Mielies
Daar word ’n relatiewe sywaartse mark ten opsigte van mieliepryse
verwag, met pryse wat ondersteuning kan kry in periodes waar
uitvoere fluks plaasvind, maar ook weer onder druk kan kom indien
die vraag na mielies by tye afneem. (Vir ’n seisoenale beweging,
sien Grafiek 1). Dit is dus hier belangrik om na die koste van strate
gieë te kyk. Die moontlike opsies wat hier gebruik kan word, is:
➊ Termynkontrakte
Hierdie tipe kontrakte word meestal in ’n eie makelaarsreke
ning gedoen. ’n Produsent gebruik van die opbrengs op
graanverkope om in ’n makelaarsrekening te sit en termyn-
kontrakte (Eng:futures) terug te koop. Die voordeel is hier dat
marges beter bestuur kan word en dat posisies ingeneem en
ontruim kan word, om sodoende voordeel uit verwagte pryssty-
gings en -dalings te kry.
➋ 3-rigting strategieë
Hierdie strategieë word weereens in ’n eie makelaarsrekening
gedoen. Die strategie word so opgestel dat die koste laag is,
wat beteken dat ’n relatiewe klein styging in pryse steeds kan
lei tot ’n wins. Die strategie het wel ’n maksimum inkomste wat
gegenereer kan word en indien die mark drasties sou daal is
daar addisionele risiko. Die strategie is geskik vir sywaartse
markte, maar die risiko verbonde daaraan moet goed verstaan
word.
OPSOMMEND
Daar bestaan geleenthede om, ten spyte van lae pryse, steeds
inkomste by te voeg deur middel van strategieë wat na fisiese
lewering geïmplementeer word. Hierdie inkomste is, veral in
die huidige seisoen, inkomste wat ’n wesenlike bydrae tot wins-
gewendheid kan maak. U word uitgenooi om die kundigheid van
Senwes se graanbemarkingsadviseurs en makelaars te benut.
2003 getoets. Beide studies het bepaal dat dit nie moontlik
was om ’n bo-gemiddelde opbrengs op kapitaal te realiseer
in hierdie markte nie; veral nie wanneer die koste van ver-
handeling in ag geneem is nie. ’n Meer onlangse studie deur
McCullough (2010) het ook meer in diepte met meer data tot
beskikking van die studie ’n volledige herevaluasie van witmie-
liemarkeffektiwiteit gedoen. Resultate het bevestig dat mark-
pryse onafhanklik van vorige markpryse vorm en dienooreen-
komstig beïnvloed word deur markdeelnemers se interpretasie
van nuwe markinligting.
Die vraag is dus nou of hierdie resultate sommer net so aan-
vaar moet word? Die eerste teenargument sal sekerlik wees dat
dit ’n realiteit is dat alle beskikbare markinligting nie te alle tye
vir almal bekend is nie. As ’n voorbeeld word plaaslike inligting
oor in- en uitvoere eers werklik gerapporteer sodra dit realiseer
terwyl hierdie inligting dalk reeds bekend kon wees aan spe-
sifieke rolspelers in die mark wat die inligting tot hul voordeel
kon benut. Die tweede argument sal dan wees dat hulpmiddels
soos tegniese analise, wat gebruik maak van historiese data om
tendense te bepaal, totaal nutteloos sal wees. Die literatuur oor
tyd ondersoek hierdie aspekte, onder andere deur ’n magdom
van navorsing wat bewyse teen en ten gunste van markeffek
tiwiteit bevind het. Dit blyk dus of daar eintlik nog glad nie
uitsluitsel is oor die teoretiese aspekte van prysvorming nie, wat
nog te sê van die implikasie op prysvorming indien markte wel
nie effektief is nie.
Die realiteit is egter dat beide aanhangers en teenstanders
van markeffektiwiteit oor tyd moes terugstaan en die ander
party se punt insien. ’n Middewegsamevatting kan dien-
ooreenkomstig as volg gemaak word: Markte wat soos die
JSE landbouproduktemark oorwegend likied is en soos die
spesifieke navorsing bewys, oorwegend reageer na aanleiding
van nuwe inligting, bied wel ’n effektiewe platform aan rolspe
lers om prysbestuur toe te pas. Daar kan egter tye wees wat
die mark deur fases van laer vlakke van effektiwiteit beweeg
wat wel deurlopend reggestel word deur die markmeganisme.
Hoe vinniger die regstelling plaasvind, hoe meer effektief is
die mark. Die volgende logiese uitvloeisel sal dus wees om te
bepaal wat die beste of meer optimale benadering moet wees
wanneer prysbestuur toegepas word in ’n mark wat wel deur
fases van laer effektiwiteit kan beweeg. Ons kyk in die opvolg
artikel na moontlike verskansingstrategieë, asook sekere
beginsels van verskansing wat ’n mens te alle tye in gedagte
moet hou.
SENWES SCENARIO | WINTER 2018
55