Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 56

MARKTE Geleenthede ná oestyd Artikel geskryf: 20 April 2018 Met produsente wat nou reeds aan die stroop is en bemarkingsbesluite moet neem, moet daar besluit word hoeveel van die produsent se tonne verkoop moet word om sy verplig- tinge te kan nakom. Hierdie besluit is nie altyd ’n maklike een nie – veral nie in ’n seisoen soos hierdie waar, in alle waarskynlikheid, ’n produsent meer as sy langtermyn gemiddel- de produksie moet verkoop om insetkoste te dek. Deur Hansie Swanepoel Senwes Grainlink Markanalis D ie besluit wat ’n produsent moet neem is om te bepaal hoeveel tonne nou reeds verkoop moet word en hoe­ veel gebêre moet word om op ’n latere tyd te bemark. Ongelukkig is ’n groot aantal produsente nie in ’n posisie om enigsins tonnemaat te stoor om later te verkoop nie – die kontantvloeibehoefte is te groot. Daar moet dus gekyk word na alternatiewe om steeds enige moontlike opwaartse beweging in pryse te benut. MARKAGTERGROND Die nuutste vraag- en aanbodsyfers wat deur die NAMC vrygestel word, kan hier gevind word: http://www.namc.co.za/ category/research-publications/supply-de- mand-estimates/. Uit hierdie inligting kan daar gesien word dat die verwagting bestaan dat, vir mielies, daar steeds ’n surplusvoorraad beskikbaar sal wees. In terme van oliesade kan die beskikbaar­ heid van sonneblomsaad later in die seisoen ’n probleem raak, terwyl daar meer as genoeg sojabone beskikbaar behoort te wees. Die gemiddelde seisoenale bewegings vir mielies en sonneblom word hieronder in Grafiek 1 en Grafiek 2 gewys: Uit die onderstaande grafieke kan die afleiding gemaak word dat die verwagting kan bestaan dat mieliepryse weereens tot en met planttyd sywaarts kan beweeg. Die prys van sonneblomsaad kan egter opwaartse potensiaal toon. MOONTLIKE STRATEGIEË Sonneblom Met die groter beweging wat op sonne- blom verwag kan word, kan daar gekyk word na strategieë wat die volle opwaart­ Grafiek 1: Seisoenale verloop van Desember WM Bron:Thys Grobbelaar 54 SENWES SCENARIO | WINTER 2018 se beweging kan benut, indien daar een sou wees. Die verskillende opsies wat hier gebruik kan word, is: ➊ Uitgestelde prysing Hierdie is ’n kontrak waar tonne nou reeds gelewer en verkoop word, maar eers op ’n latere stadium geprys word. Die produsent deel in enige stygings, maar ook ongelukkig in enige prys­ dalings. By hierdie kontrakte kan wel stoorkoste en rente ter sprake wees – daar moet vooraf hiervan seker gemaak word. ➋ Kontantvloeitransaksie Hierdie kontrak is een waar tonnemaat gelewer en verkoop word en daar dan in ’n verdere maand weer met ter- mynkontrakte teruggekoop word. Die termynkontrak word met ’n put-opsie beskerm. Hierdie produk het ’n beperk­ te verlies, wat ook dan teruggehou word. Die oorblywende fondse word Grafiek 2: Seisoenale verloop van Desember sonneblom Bron:Thys Grobbelaar