Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 50

JAG Jagtyd! Met die verandering van die seisoene is daar ’n ongekende opgewondenheid in ons skuts se harte. Soos die dae al korter en koeler word, raak die opgewondenheid al meer. Met die winter wat op ons is, is dit weer jagtyd. Daardie tyd van die jaar wat ons skuts kan beplan om veld toe te gaan en ’n een in ’n leeftyd ervaring te beleef!  Deur Jan-Lodewyk Serfontein N et die idee van jag laat ’n klomp nuwe gedagtes by ons opkom. By ’n kampvuur sit en sterre kyk, vroegoggend die veld hoor gesels en natuurlik jou bok te gaan jag is maar ’n paar gedagtes wat in ons wakker gemaak word. Skuts is wel baie versigtig om nie die verkeerde ge­dagtes wakker te maak nie. Daardie langafstandskoot wat laas jaar nie uitge­ werk het nie. Of die nabyskoot na ’n lang dag se stap, wat die dag net nog langer gemaak het is iets wat ons nie wil onthou nie. Wat kan ons as skuts doen om die win- ter beter voor te berei, sodat daardie ver- 48 SENWES SCENARIO | WINTER 2018 keerde gedagtes nie volgende jaar by ons kom spook nie? Is die foute wat ons maak in die jagveld nou maar net deel van jag, of kan ons die foute vermy? Natuurlik kan ons met beplanning en oefening meeste van die spoke wat in die jagveld is, probeer vermy. Jou geweer- en koeëlkeuse is sekerlik een van die eerste besluite wat geneem moet word voor ons jagveld toe gaan. Indien ’n skut vertroud is met ’n spesifieke geweer en kaliber is die stryd halfpad gewen. In die jagveld is die beste kaliber mos die een wat jy die beste skootplasing mee kan skiet. Kies nou vir jou ’n koeël waarmee jy die dier op die vinnigste moontlike manier kan doodmaak. Met jou akkurate geweer en ’n koeël wat kan werk soos jy wil hê hy moet, is meeste van die spoke reeds verjaag. Oefening voor ’n jag hoef nie te stop by die geweer inskiet op ’n sekere afstand nie. Oefen om uit verskillende posisies te skiet wat jy moontlik in die veld sal beno­ dig. Moenie van ’n sementtafel af skiet as jy op pad is Oos-Kaap toe nie. Moenie agter op die bakkie klim en jou geweer instel as jy op pad is Limpopo toe nie. Stel jou geweer in en oefen jou skote soos jy hulle in die veld sal moet skiet. Indien jy genoeg skote uit jagposisies uit skiet, sal jy ook leer wat die verste skote is wat jy kan skiet in die veld. Die beplanning van ’n suksesvolle jag hoef nie te stop by die jag van jou bok nie. Die oomblik wat jy by jou bok staan na die jag is kosbare oomblikke. Daar in die veld langs jou bok besef jy dat God