Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 48

Die

NUUS

Die nuwe Hinterland Fuels handelsmerk gaan skoon

Hinterland se brandstofafdeling bestaan tans uit ongeveer 55 vulstasies wat meestal by die Hinterland takke geleë is . Die vulstasies verskaf petrol en diesel asook paraffien by sommige takke .

“ vulstasies ondergaan tans ’ n gedaanteverwisseling met die Hinterland Fuels handelsmerk wat uitgerol word , sowel as nuwe uniforms vir pompjoggies en ’ n program om van die ouer pompe te vervang en infrastruktuur te opgradeer . Daarbenewens word daar tans ook beplan aan die uitrolprogram vir geriefswinkels om die aanbod aan te vul vir ons klante ,” se Derik Wolmarans , Hinterland Bestuurder : Brandstofafdeling

“ Hinterland Fuels sal binnekort 500ppm diesel uitfaseer , in lyn met die Clean Fuels 2 inisiatief wat daarop gemik is om lugkwaliteit te verbeter en te verseker dat Suid-Afrikaanse brandstof geskik is vir die nuutste tegnologiese enjinontwikkelings . 50ppm diesel is geskik vir ouer dieselenjins en geen verstellings is nodig vir die oorskakeling nie . Brandstofverbruik word grootliks bepaal deur die kondisie van die enjin en ander eksterne faktore . Die diesel kan ook gemeng word met ander handelsmerkprodukte , alhoewel die effektiwiteit van die bymiddelpakket dan geaffekteer word .”
“ Hinterland Fuels se hoofverskaffer van brandstof is Engen , en met goeie rede . Daar is ’ n magdom van nuwe opkomende handelsmerke wat stelselmatig die bekende handelsname vervang , veral op die platteland . Die produk wat by sulke stasies beskikbaar is , kan van verskillende bronne af kom , soms lokaal geraffineer , soms ingevoer , soms gemeng . Die spesifikasie van die produk kan dus verskil van een aflewering na die volgende . Deur Hinterland se verhouding met Engen word die klant verseker van ’ n top kwaliteit produk wat deurgaans aan die SANS 342 / 2016 standaard voldoen en boonop Engen se bymiddels vir Dynamic Diesel ook bevat .
Die bymiddels is ’ n kwessie wat klante nie aldag van bewus is of verstaan nie en ons wil graag meer lig daarop werp . Die bymiddelpakket is multifunksioneel en bestaan uit neerslagbeheerkomponente wat ’ n enjin se verlore krag onmiddellik begin herstel . Dit bestaan uit ’ n reinigingsagent wat koolstofneerslae in die enjin verwyder , ’ n anti-korrosieagent , ’ n demulsifiseerder wat verseker dat water nie in suspensie bly nie en dus uitsak en makliker deur filters onderskep word , asook tegnologie wat skuim verminder sodat tenks vinniger volgemaak kan word . “
Smeringsvermoë van diesel met ‘ n lae swaelinhoud is ook ’ n faktor wat in ag geneem moet word , aangesien smering afneem namate die diesel se swaelinhoud verminder word . Smering is krities noodsaaklik vir die funksionering van die dieselpomp en inspuiters . In die geval van Engen Dynamic diesel word die smeringsvermoë ook aangepas deur ’ n komponent in die bymiddelpakket . Moderne dieselenjins se toleransies is van so ‘ n aard dat ’ n reinigingsagent ook absoluut noodsaaklik is om inspuiters skoon te hou en dus die noodsaaklike sproeipatroon te handhaaf en optimale dieselverbruik en skoon ontbranding te verseker .
Diesel is dus nie dieselfde by alle vulstasies nie en bly ‘ n kritiese besluit vir motoriste en eienaars van swaar dieseltoerusting om die beste moontlike verbruik en lewensduur te verseker . Maak vol by ’ n Hinterland vulstasie en ry weg met volle gemoedsrus .
46
SENWES SCENARIO | WINTER 2018