Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 44

PRODUSENTFOKUS

’ n Buks met DINAMIET

Voor jy dink dat dit nou voor op die wa is en dat ons hier spreekwoordelik Buks se naam opdollie , is Buks van Wyk se werksaamhede letterlik dinamiet en dinamies . Hy is egter baie nederig . Maar laat ek verduidelik ...
Deur Aubrey Kruger

Soos jy van Wollies , dis nou soos Wolmaransstad in die volksmond bekend staan , op die R504 na Schweizer-Reneke ry , sal jy mynhope gewaar . Dit is dan heel moontlik diamantmyne van hierdie uitgawe se fokusprodusent .

Jy sou miskien vra : Wat het dit met boerdery te make ? Dis omdat die helfte van Senwes produsent Buks van Wyk se aktiwiteite uit diamantdelwery bestaan , en die ander helfte ’ n gemengde boerdery met saai en vee en dan ook ’ n bietjie wild . Die hele pakkie en nog meer .
Skietpan - die naam van sy plaas waar ek indraai . Hier is dit tipies Noordwes wêreld , Tussen mynhoop en die lande weiwend graan . Maar met een verskil , alles is op een produsent se plaas en nie twee aparte bedrywe nie . Buks is ’ n derdegenerasieprodusent met sy voete stewig en nederig op die aarde en het in 1978 as 20-jarige saam met sy pa , Boet van Wyk , begin boer . Dis by hom waar in slegs twee jaar hy die “ hele prinsiep van boerdery ” moes leer voordat sy pa in 1980 oorlede is .
DIAMANTDELWERYE DINAMIESE VERTAKKING Buks , wat op die plaas Spioenkop gebore is , sê : “ Ek kon myself 40 jaar gelede nie in my huidige posisie visualiseer nie .” Na die afsterwe van sy pa , gevolg deur ’ n misoes met die droogte van 1981 , het sy finansiële posisie hom letterlik gedwing om die diamantbedryf te betree . ‘ n Waagstuk om die minste te sê . Hy het begin deur eers op ander se plase te delf , en nou 37 jaar later , was die diamantbedryf verantwoordelik vir ’ n groot deel van hulle sukses . Dis hoe hy diversifiseer ! Laat dit jou miskien kiertsreg op sit ?
Maar moenie dat groot edelgesteentes se massiewe pryse jou om die bos lei nie - dis net soos wanneer die graanpryse hoog is . Wat nie nou sal wees nie . Hierdie is ’ n geweldige kapitaalintensiewe bedryf , van miljoene rande se diesel tot implemen te is daardie blink klippies , wat so nou en dan hulle verskyning maak , kardinaal om die insetkoste te verhaal , en met ’ n tikkie geluk is die grote in die volgende ton gruis te vinde .
Etlike ure voor my besoek het die x-strale by die sortering ’ n blink klippie gewaar en dit in die kluis geskiet . ’ n Hele 8 karaat - dis maar klein as jy in ag neem dat ’ n 72-karaat diamant al op sy plase gevind is .
JJ VAN WYK BOERDERY Saaiboerdery Terug op Buks se saaiboerdery fokus hy hoofsaaklik op mielies en sonneblom . Hy plant sowat 3 000 hektaar lande en huur sowat 500 hektaar grond by . Sy fokus is 90 % op die produksie van mielies en die res op sonneblom .
Daarby is 90 hektaar onder besproeiing met drie spilpunte . Wat hy wel anders in die komende seisoene gaan doen is om ‘ n bietjie lande oor te lê , “ iets wat ek nog nooit vantevore gedoen het nie .”
Kompos is een van sy talle idees , hoewel nog in sy kinderskoene , maar die projek werp reeds baie vrugte af soos hy die rye komposhope aan my wys . Maar hy wil nie nou reeds alles hieroor verklap nie .
Hoe skakel delwerye nou eintlik by ’ n boerdery in ? In kort : “ Diamante is nie ’ n ding wat water nodig het nie .” Inteendeel hoe droër dit is hoe beter . Kan jy glo , dit uit ’ n produsent se mond ? Benewens die feit dat hy meeste van sy plase met die kapitaal uit die delwerye aangeskaf het , is die kontantvloei baie goed . Hier is deurlopend ’ n inkomste . En wanneer die mieliepryse laag is , dan fokus hy op die Van Wyk Delwerye , met die pryse wat huidig hoog is . So verskans jy jouself .
Veevoeding Nog ’ n komponent . Met vee en voeding as subtema van hierdie uitgawe , is ons na sy ander vertakkings . Hy het sowat 900 Duitse Vleismerinoskape . ’ n Paar dinge wat hy doen is om sy lammers ’ n week lank saam met die ooi in ’ n lamhok te plaas . Dan word hulle vyf-vyf uitgeplaas vir die volgende twee weke waar hy hulle saam in groepe met ander skape plaas , met die uitsluitlike doel sodat hulle ’ n band met die ooie kan vorm . Dan is ‘ sugargraze ’ deel van hulle dieet , wat hy self plant .
Hy het sowat 1 500 koeie . Daar word
42
SENWES SCENARIO | WINTER 2018