NUUS
Senwes is betrokke by die
bedryfsorganisasies
Senwes vereenselwig homself met trots met sy klantebasis, beide aan die produsente
kant en ook in die verdere verwerkingsbedryf, sodat ons internasionaal kompeterend kan
bly. Om hierdie rede ondersteun Senwes graag die bedryfsorganisasies waaraan sy klante
behoort. Senwes is trots om met die Jongboerkomitees van Vrystaat Landbou en
Agri-Noordwes geassosieer te word.
DIE 2018 AGRI-NOORDWES JONGBOERKONFERENSIE is
vanjaar by Uurpan te Schweizer Reneke aangebied. Die interna-
sionale motiveringspreker, skrywer en humoris, Gavin Sharpless,
het die gehoor behoorlik geboei met sy praatjie oor “Change,
Action and Truth” of soos hy dit term, “Chinking”.
JP van den Berg is later die aand by die galadinee aangewys
as Agri-Noordwes se Jongboer van die Jaar. Die finaliste het
ingesluit JP, Gerhard Strydom en Marnus Bothma. VRYSTAAT LANDBOU SE JONGBOERKONFERENSIE is
vanjaar op 12 April te Bloemfontein aangebied. By hierdie
geleentheid het Friedl von Maltitz van MD Foundation die kon-
ferensie toegelig oor gesamentlike boerdery, wat ook die tema
van die konferensie was. “Gesamentlike boerdery kan nie al die
probleme wat jong landbouers in die gesig staar aanspreek nie,
maar dit kan vir hulle ’n manier wees om ’n boerdery te begin of
om ’n bestaansboerdery uit te brei” aldus Von Maltitz.
Gedurende ’n glansdinee na afloop van die konferensie is
Nelius Ferreira van die plaas Grootdraai in die Harrismith distrik
as wenner aangewys.
JP van den Berg (Agri NW Jongboer van die Jaar) en sy vrou
Linné. Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar wenner, Nelius Ferreira,
en sy vrou Jomarli.
Deur Japie Fransman
Senwes Scenario wens vir Nelius en JP baie geluk met hul prestasies en wens hulle
ook sterkte toe met die nasionale kompetisie.
40
SENWES SCENARIO | WINTER 2018