Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 41

LANDBOUKUNDIG PRODUKSIEVEREISTES Moontlike opbrengs per hektaar: Een hektaar koffie lewer 3,5 ton per hektaar. Klimaatsvereistes: Die ideale temperatuur vir koffieproduksie in Suid-Afrika is 4 °C to 32 °C, maar die oes kan temperature wat aansienlike buite hierdie reeks val, oorleef. Grondvereistes: Sanderige leemgrond is die ideale grond. Koffie groei goed in enige tipe grond indien die klimaatstoestande gunstig is. Grondvoorbereiding: Grond moet bewerk word en 'n deeglike grondanalise is belangrik voor planting. 'n Gelyke saadbed is nodig. Besproeiing benodig: Hou die grond klam, maar nie te nat nie. Oorbesproeiing sal die risiko van swamsiektes verhoog. Drupbesproeiing en sleepslangbesproeiing­ stelsel. Kunsmis: Hoë voedingsbehoeftes. Kunsmis moet vier tot agt weke na aanplanting toege­dien word. Stikstof en kalium is die belangrikste. Plantvereistes: Daar word in die lente geplant of net voor die reënseisoen. Die uitplant van saailinge word gedoen sowat ses maande nadat dit in kwekerybeddings of plastieksakke gesaai is of wanneer die saailinge sowat 20 cm hoog is, en dit word in die lande geplant. Voordat die saailinge geplant word, moet gate gegrou word sodat die grond omgedolwe en losgemaak kan word. SENWES SCENARIO | WINTER 2018 39