Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 40

LANDBOUKUNDIG Nismark Koffie dalk 'n opsie? Ons gaan voort met ons reeks oor nismarkte en in hierdie uitgawe ondersoek ons koffieproduksie as 'n moontlike mark vir Suid-Afrikaanse boere. Deur Kefiloe Manthata D ie koffiekultuur groei dramaties in Suid-Afrika en koffiewinkels maak oral 'n verskyning. Dit is dalk nou die beste tyd vir Suid-Afrikaanse boere om voordeel te trek uit hierdie groeiende tendens en die steeds onontginde mark te betree. Daar is tans net 'n handjievol produsente wat plaaslik koffie produseer. Nasie in Gesprek het onlangs een van die boere, Tim Buckland, eienaar van Sabie Valley Coffee in Witrivier, Mpumalanga besoek. Buckland se besluit om koffie te produ- seer was instinktief. “My belangstelling in koffie kom van die feit dat ek op 'n koffieplaas op die oostelike hooglande van Zimbabwe in die sewentigerjare gebly het. Toe ek besluit om uit die dolle gejaag te tree en iets anders te doen, was koffie die natuurlike keuse.” Kyk na die volledige episode by (voorsien skakel). Koffieproduksie in Suid-Afrika het 'n komplekse geskiedenis. In die verlede het hierdie arbeidsintensiewe bedryf nie baie goed gevaar in ons land nie weens die hoë arbeidskoste en dalende interna- sionale pryse. Die onlangse opswaai in koffiekultuur skep egter 'n vraag na goeie kwaliteit koffiebone wat 'n opening in die mark sal skep en dit die moeite werd sal maak vir boere om weer die bedryf te oor- weeg. Ongeag die hoër vraag, produseer Suid-Afrika nog nie genoeg koffie om die Tim en Kim Buckland is die eienaars van Sabie Valley Coffee en is betrokke in die dag-tot-dag bestuur van die koffieplantasie by Witrivier in Mpumalanga. 38 SENWES SCENARIO | WINTER 2018 Koffiebone word gebrou vol- gens spesifikasie. plaaslike markbehoeftes te bevredig nie. Daar is twee soorte koffieplante, naam- lik Coffea Arabica en Coffea Robusta. Arabica maak 'n geurige, sterk koffie met 'n skerp smaak en 'n lae kaffeïeninhoud, terwyl Robusta 'n baie hoër kaffeïenin- houd het en sterker is. Die koffieplant is 'n immergroen struik wat tropiese vrugte (bessies) dra. Die vrug is die mees belangrike deel van die plant, aange- sien die vrug twee sade bevat wat later gedroog en gemaal sal word om die geliefde drankie te produseer. Aangesien daar geen masjinerie is wat die bessies effektief kan pluk nie, vereis koffieboer­ dery 'n groot arbeidsmag en dit is baie tydrowend. Koffieproduksie is perfek vir die Suid-Afrikaanse klimaat aangesien die oes goed kan oorleef in matige tot hoë temperature. Dit is egter sensitief vir watertekorte, wat beteken dat besproei- ing noodsaaklik is tydens lae reënval. Alhoewel die plant goed groei in baie verskillende tipes grond, is sanderige leemgrond die mees ideale. Koffie het ook baie hoë voedingsbehoeftes en 'n dee- glike grondanalise (bl. 14) moet gedoen word voordat koffie geplant kan word. Daar is ook ruimte in die koffiewaarde- ketting vir diegene wat nie die mannekrag of bronne het om koffieboerdery te bedryf nie. Benewens die produksie van koffie- bone, wat koffiebrandery en die maal van koffie, sowel as die vervaardiging van kitskoffie insluit, is daar ook ander gebie- de wat ondersoek kan word. To watch the full episode, go to http://fwd2.co/coffee.