Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 34

LANDBOUKUNDIG Lekaanvulling Feit of fiksie Daar is sekerlik oor min onderwerpe wat betrekking het op herkouervoeding al meer geskryf as juis oor lekaanvullings. Gevolglik is daar oor tyd ook baie wanopvattings gevorm, wat in baie gevalle vandag as “korrekte” lekaanvulling bestempel word. Die ou gesegde lui: “My oupa het dit so gedoen, dus doen ek dit so”.  Deur Phillip Lee D it is wel ’n feit dat baie van die ou garde baie dinge reg gedoen het, maar dat iets soos lekke oor tyd nie noodwendig 32 SENWES SCENARIO | WINTER 2018 aangepas is op plase met veranderende produksiestelsels, klimaatsveranderinge, verhoogde diereprestasie, ens nie. Voorts sluimer die gevaar ook altyd dat “lekresepte” van generasie na generasie of van boer na buurman oorgedra word met die risiko dat die lek elke keer hier en daar verander word na smaak, en ons bevind ons gereeld in ’n situasie waar so ’n lek oor tyd hoegenaamd nie meer die doel dien nie, hetsy in terme van diere­ prestasie of uit ’n ekonomiese oogpunt. In hierdie artikel gaan ons na enkele mites 34