Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 30

FINANSIERING

Gestruktureerde Finansiering

’ n Innoverende benadering tot landbou se uiteenlopende finansieringsbehoeftes

Senwes Credit het onlangs ’ n nuwe besigheidstruktuur bekendgestel met gestruktureerde finansiering wat as deel van die struktuur gaan bydra tot die oplossinggedrewe benadering van Senwes Credit . Hierdie oplossinggedrewe benadering het ten doel om innoverende , waardetoevoegende oplossings vir kliënte te bied .
� Deur Johan Kunz

Gestruktureerde finansiering is die ontwikkeling en toepas sing van innoverende finansieringstegnieke en oplossings waar bestaande finansieringsprodukte nie oplossings bied vir komplekse en unieke finansieringsbehoeftes nie . Daar word na standaard finansieringsprodukte verwys as “ vanilla ” produkte . Gestruktureerde finansiering het dus ten doel om “ nie-vanilla ” behoeftes aan te spreek .

WAAROM DIE BEHOEFTE AAN GESTRUKTUREERDE FINANSIERING ? Namate produsente hulle boerderyaktiwi teite uitbrei na aanverwante bedrywighede en tradisionele boerderye toeneem in omvang , is dit onvermydelik dat finansieringbehoeftes meer kompleks raak en ook uniek is tot elke produsent . Hoewel “ vanilla ” produkte steeds ‘ n uiters belang rike rol vervul in die finansiering van produsente , word dit toenemend belangrik dat produsente se komplekse finansierings behoeftes aangespreek word .
Senwes het hierdie behoefte geïdentifiseer en beskou die aanbod van gestruktureerde finansieringsprodukte as komplimentêr tot die bestaande finansieringsoplossings . Die Senwes groep streef daarna om oplossings te bied , eerder as produkte . Deur die toevoeging van hierdie oplossing , glo Senwes dat ons waarde toevoeg vir ons kliënte en vir landbou in die algemeen .
EIENSKAPPE VAN SENWES GESTRUKTUREERDE FINANSIERING ➊ Uniek ontwikkel ten opsigte van elke produsent se spesifieke finansieringsbehoeftes .
➋ Kontantvloeisterkte en -tendense sal instrumenteel wees in die assessering van die finansieringsbehoefte en terugbetaalvermoë .
➌ Bied kliënte innoverende maniere waarop finansieringsbehoeftes verpoel kan word om finansieringskoste te verlaag .
➍ Noue samewerking met ander Senwes Credit strukture ten einde kliënte se finansieringsbehoeftes ten beste aan te spreek .
➎ Samewerking met Senwes se ander besigheidseenhede ten einde waardetoevoegende geleenthede vir die produsent te identifiseer .
Die toestaan van finansieringsfasiliteite sal onderhewig wees aan Senwes se kredietbeleid en ander evaluerings- en goedkeuringsprosesse .
TEIKENMARK Gestruktureerde finansiering het ten doel om bestaande kliënte sowel as niebestaan de kliënte in die agri-omgewing te bedien . Hoewel produsente met aan- verwante bedrywe waarskynlik die grootste voordeel sal trek uit gestruktureerde finansiering , sal dit ook aangewend word tot voordeel van graan- en lewendehaweprodusente .
VOORBEELDE Hoewel elke kliënt se behoeftes en die oplossings voortspruitend uniek ontwikkel en saamgestel sal word , is daar wel generiese gestruktureerde finansieringsoplossings wat gebied sal word :
• Sindikasie van lenings ;
• Bedryfskapitaalfinansiering ;
• Oorbruggingsfinansiering ;
• Wentelkredietfasiliteite ;
• Kommoditeitsfinansiering ; en
• Waardekettingfinansiering .
BYKOMENDE DIENSTE Senwes Credit beoog ook om verdere addisionele waardetoevoegende dienste aan te bied . Die dienste kan aangebied word in samewerking met eksterne diensverskaffers of Senwes se inhuis kundigheid , onderhewig aan kwalifiseren de kriteria en ’ n ooreengekome fooi . Die dienste wat tans oorweeg word sluit in SEB-struktureringsadvies en transaksie fasilitering en belastingstruktureringsadvies .
Vir meer inligting kontak asb Johan Kunz by johan . kunz @ senwes . co . za , + 27 18 464 7472 of + 27 83 745 9731 .
28
SENWES SCENARIO | WINTER 2018