Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 29

LANDBOUKUNDIG 25 | Varkboerdery Hulle vennootskap word makliker gemaak deur hulle hegte vriendskap wat oor baie jare strek. nedersetting by Monyakeng geleë, waar mie- liediefstal 'n groot probleem is. “Die graan het nie eens kans gehad om behoorlik te groei nie, dan is dit gesteel. Ons het werklik gesukkel om wins te maak,” sê Mabaso. Op een stadium is hul store gestroop en al hul lewendhawe (52 skape) is gesteel. Hulle het die leiding en advies van Ramohlabi gevolg en besluit om te diversifiseer en het sonne- blom begin plant. Die twee het vanjaar 155 hektaar sonneblom geplant. Hulle het 40 ton tot dusver geoes en is opgewonde oor 'n groot oes hierdie seisoen. “Ons vertrou Senwes 100% en glo dat die maatskappy ons na groter hoogtes sal neem. Ons sien nou lig in gebiede wat voorheen pikdonker was.” OPVOLGPLAN Mabaso en Kgosimore het drie kinders elk wat volgens hulle gretig is om eendag die plaas oor ten neem. Hulle maak seker dat hul kinders, wat in die nabygeleë Monyakeng woon, die plaas gereeld besoek om te leer van die aktiwiteite op die plaas wanneer hulle okal die geleentheid kry om dit te doen. “Mafabatho beteken erfporsie. On s werk so hard om rykdom vir ons nageslag te gene­ reer, maar ons kan net so ver gaan. Dit is hulle plig as ons kinders om aan te gaan met die werk wanneer ons rus,” sê Kgosimore. Die twee bly optimisties oor die toekoms van hul plaas en hoop om hul verhouding met Senwes te versterk. “Ramohlabi is goed vir ons. Hy gee ons goeie advies en gee regtig om vir ons as kliënte. Ons is dankbaar vir alles wat Senwes vir ons gedoen het.” Kontak Julias Ramohlabi op 018 464 7156 of epos [email protected] as jy 'n ontwikkelende boer is wat voordeel wil trek uit die dienste wat Senwes bied. per kapita maar die wêreld eet varke vir Afrika met Spanje en Duitsland se verbruik wat tot 50 kg is. Varkvleis word wêreldwyd die meeste verbruik, veral in Asië en Amerika. Met ’n 10% vermindering in troppe in Sjina was die 10% gelyk- staande aan die totale verbruik in Meksiko. SA het 115 000 sôe terwyl Smithfield Pork in die VSA alleen 800 000 het. Verstommend! Asië het ’n nismark vir penisse, aortas, mae asook testisse en in SA is koppe en pote weer gesog asook ribbetjies. Baie ribbetjies word inge­ voer omdat ons nie genoeg produseer. Het jy geweet dat boerewors 27% vark moet bevat en ’n goeie russian en salami juis duur is omdat dit goeie varkvleis bevat? VARK INTERESSANTHEDE Varke eet alles? Nee, varke is smaak- en reuksensitief. Smaakmiddels stimuleer inname en ’n sekere sitrusek- strak maak die dier gelukkiger, “’n Gelukkige vark beteken kilogramme in die kas.” Skree soos ’n maer vark! Verseker nie, hulle is net verbaal en interessant, elke groep het ’n alfa met die sterk- ste varkies wat heel voor aan hul ma drink. So vuil soos ’n vark! Nee, hulle is skoon en het aparte areas vir eet, drink, mis en slaap. “Jy moet jouself eint- lik soos ’n vark gedra,” lag CP. Minder mense eet nou worsies en polo­nies, hoewel die ironie is dat dit minder as 2% varkvleis bevat. Het jy geweet goeie polonies moet 100% vark en hoendervleis bevat omdat dit bindende kwaliteite het? Meng jou met die semels dan vreet die varke jou! Nee, “Varke se voer is geskik vir menslike verbruik,” meen CP. 60-65% van ’n varkboerdery se koste is voer en is een van die grootste verbruikers van graanprodukte, amper meer as mense! UITDAGINGS IN DIE VARKBEDRYF Die daling in die verkoopsprys asook geloof, kultuur en tradisie. Noord van die ewenaar word amper geen vark geëet nie. TOEKOMS VAN DIE MARK Teen Junie maak prosesseerders reg vir Kersfees en teen November 2018 behoort die mark te stabiliseer - “Die paniek sal oorgaan.” Kersfees is ’n bloeitydperk omdat dit ’n alles-in-een tydperk is, braaityd, vakansiegevoel en Kerstyd! Dis hier waar jy wen, en indien jy al jou varkies op hok het, is die bedryf beslis vir jou! SENWES SCENARIO | WINTER 2018 27