Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 28

PRODUSENTFOKUS Dinamiese vennootskap Pini Jan Kgosimore en Sophie Dikeledi Mabaso het reeds meer as 40 ton sonneblom hierdie seisoen geoes. In hierdie uitgawe stel Ramohlabi ons voor aan dinamiese duo, Pini Jan Kgosimore en Sophie Dikeledi Mabaso van Mafabatho Plaas in Wesselsbron wat, deur hul assosiasie met Senwes, daarin geslaag het om hul plaas totaal om te draai.  Deur Kefiloe Manthata VROEË JARE Kgosimore en Mabaso het beide groot- geword met boerdery, al was dit op ver- skillende tye. Sophie se oorlede pa, wat Kgosimore se vriend was, het Mafabatho Plaas in 2002 begin, waar hy meestal met witmielies geboer het. As 'n vriend het Jan baie tyd spandeer om Mabaso se pa te help en so deel van die familie geword. Sy dogter Sophie was so geïnteresseerd in die werk wat haar pa doen, dat sy hom soos 'n skaduwee gevolg het. Jan was maar altyd daar, vir so lank as wat sy kan onthou. Toe Sophie se pa oorlede is, was dit geen verrassing dat Jan en Sophie saam sou verseker dat die boerdery voortgaan nie. SENWES Die duo het baie uitdagings oorkom sedert hulle die boerdery oorgeneem het na die afsterwe van Mabaso se pa. Terwyl hulle hulp gesoek het met die uitbreiding van hul boerderyaktiwiteite, het Kgosimore en Mabaso paaie gekruis met Graan SA se Johan Kriel, wat hulle vertel het van wat Senws vir hulle besigheid kan doen en hulle aan Julias Ramohlabi voorge­ stel het. “Toe Johan ons aan Ramohlabi voorgestel het, het ons baie uitdagings gehad wat oorkom moes word. Senwes het ons gehelp om ons plaas binne 'n baie kort tydjie om te draai. Ons het won- derbaarlike verandering ten opsigte van produksie ervaar, waarvan niks moontlik sou wees sonder die hulp wat ons van Senwes ontvang het nie,” sê 'n dankbare Kgosimore. Hulle plaas is baie naby die informele *Julias Ramohlabi, Bestuurder: Ontwikkelende Boere, is 'n man wat baie hoede dra. In die komende uitgawes van Scenario gaan hy ver- skeie dienste wat Senwes deur hom aan opkomende boere bied, aan ons bekendstel. Van die dienste sluit in toegang tot finansiering, mentorskap, marktoegang en plaasbeplanning. 26 SENWES SCENARIO | WINTER 2018