Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 19

AREAFOKUS
➊ Die ou stadsaal . ➋ Die NG Kerk . ➌ Senwes tot u diens ! ➍ Die finale rusplek van Siener van Rensburg . ➎ Die De Wijnwinkel en brouery van Gert en Wilna Jacobs . ➏ Die jaarlikse FNB Classic Clash word tussen die Hoërskool Wolmaransstad en hul eweknie in Klerksdorp , Hoërskool Schoonspruit gespeel . ➐ Thomas Leask Gastehuis waar oudpresident Paul Kruger soms tuisgegaan het .
tot 500m ² vergroot word met die stoorarea wat ’ n massiewe 1 200m ² is . Die tak by Van der Horststraat 1 skuif na De Villiersstraat 7 , aan die oorkant van die R504 na Schweizer-Reneke , naby die R505 afdraai na Ottosdal .
In die gebied wat Spies met dié van Hoopstad vergelyk , is daar ook klein begin en uiteindelik is ’ n groot tak op die been gebring . Hier is diens en vriendelikheid deurslaggewend om klante verby die opposisie na ons voordeur te bring .
Die 23 personeellede met jare diens verstaan die begrip , wat net tot voordeel van produsente is . Om enkeles te noem het Willem Spies 22 jaar diens , die adminhoof Ria Buitendach spog met 19 jaar en onderdeleverkoopsklerk Moses Santsuiri en onderdelebestuurder , Danny Newton het pas die 10-jaar kerf behaal .
Die uiteindelike doel is om Wolmaransstad te omskep tot groot landbouwêreld . Dis nou Noordwes platteland , Wolmaransstad !
SENWES SCENARIO | WINTER 2018 17