Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 12

INNOVASIE Spreek veeprobleme aan deur presisie-oplossings Die uitdagings wat veeboere daagliks in die gesig staar maak dit noodsaaklik om moderne tegnologie te gebruik wat hulle in staat stel om produksieprestasie te volg.  Deur Martin van Zyl V eeboere in Suid-Afrika staar deesdae groot uitdagings in die gesig. Hierdie uitdagings sluit die volgende in: ➊ Verhoging van produksie: oor die vol- gende 15 jaar, sal die wêreldvraag na vleis na verwagting met 40% verhoog as gevolg van die groeiende aantal mense wat hoëproteïen-eetgewoontes begin aankweek. Volgens die VN se Food and Agriculture Organisation (FAO), sal tegnologiese oplossings in 10 SENWES SCENARIO | WINTER 2018 landbou- en veeproduksiestelsels 'n sleutelrol daarin speel om hierdie uit- daging aan te spreek en om voldoende voedsel vir 'n verwagte bevolking van 9,7 biljoen teen 2050 te produseer. ➋ Die bevordering van volhoubaarheid en dierewelstand: tydens die verho­ ging van produksie, is dit belangrik om maniere te vind waarop die omge- wingsimpak van veeboerdery vermin- der word en om hoë welstands- en gesondheidsvlakke van vee te verse- ker. ➌ Verligting van die boer se werkslas en versekering van die ekonomiese lewensvatbaarheid van boerdery­ praktyke: dit sal belangrik wees om oplossings te vind wat boere in staat sal stel om 'n groot aantal vee op 'n behoorlike en winsgewende wyse te bestuur. Ten einde hierdie uitdagings aan te spreek, behoort boere die implementering van Presisie Veeboerdery te oorweeg. Die doel van Presisie Veeboerdery (PVB) is om diere op 'n deurlopende, intydse (24/7) en ten volle geoutomati- seerde wyse te monitor en te bestuur.