Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 46

NUUS
allegaartjie

GOSA bedank bedryf én produsente se effektiwiteit

AMPER 20 MILJOEN TON graan- en oliesadevoorrade is in die 2017-seisoen deur Graanhanteringsorganisasie ( GOSA ) se lede hanteer . Diepsee-uitvoere het 2 miljoen ton beloop , waarvan witmielies na Kenia uitgevoer is met geelmielies na Japan , Korea en Taiwan .
GOSA het lede bedank vir die effektiewe hantering van die vorige seisoen se rekord mielie-oes van bykans 17 miljoen ton . Die silo ’ s se volle kapasiteit is benut en silo-eienaars moes voorrade rondskuif om almal te akkommodeer .
“ Ons in landbou is verplig om aan Suid-Afrika se bevolking ’ n gerusstelling te verskaf rakende voedselsekerheid en -sekuriteit. GOSA is trots op onderskeie landbou-organisasies en hul samewerking . Die land se nagenoeg 33 000 primêre produsente , wat gereken word as van die beste in die wêreld en dit sonder enige staat subsidies , verdien besondere eer ,” het Annatjie Loio , voorsitter van GOSA , tydens hulle 35ste simposium op 22 / 23 Maart by Mosselbaai gesê .
Benewens normale mielie-uitvoere na buurlande Botswana , Lesotho , Zimbabwe , Zambië , Swaziland , Mosambiek en
Personeel van Senwes Grainlink wat die 2018 GOSA symposium in Mosselbaai bygewoon het .
Namibië , is mielies tans in aanvraag in Suid-Korea . Indien pryse meeding met die VSA , kan dit ’ n potensiële mark wees . Gunstige weervooruitsigte en die wisselvalligheid van die rand is fokusareas .
’ n Uitdaging staar die landbousektor in die gesig aangesien die gemiddelde ouderdom van produsente ouer as 60 is . “ Die jonger generasie moet deelneem aan die voorsiening van voedsel vir ons land ,” het Loio gemaan en bygevoeg dat grondonteiening sonder vergoeding verhoed moet word om voedselsekerheid te handhaaf .
Sprekers het die negatiewe effek van die regering se beplande onteiening van grond sonder vergoeding aangeraak , maar uitgewys dat transformasie onafwendbaar is . Die sektor sal aktief moet deelneem aan transformasie , maar nie ten koste van die volhoubaarheid nie .
Senwes Grainlink het as lid van GOSA en medeborg het ’ n afvaardiging van sy silobedryf an die simposium gestuur .

AFASA jeug wys die pad

DIE AFASA JEUG In Noordwes het ’ n Nasionale Boeredag in April in Ventersdorp aangebied . Die dag was bygewoon deur 65 jong produsente en skoliere . Tydens die dag het olyfprodusent naby Coligny in Noordwes , Wessel Badenhorst , die jong landbouers ingelig oor die produksie van olywe en dat daar slegs vyf olyfprodusente in die Noordwes is . Hier is die AFASA groep wat die dag gelei het met Pontsho Mogotlane ( AFASA Hoofkantoor ), Alfred van Wyk ( AFASA Noordwes ), Nono Sekhoto ( AFASA Jeug Voorsitter ), asook Chadé Groenewald ( AFASA Jeug in Noordwes ). Sekhoto het gesê dat dit deel van hulle nasionale roadshow is en sy is dankbaar dat Senwes as medeborg aan boord is en verantwoordelik is vir die sukses van die jeug in ons land . Die doel van AFASA is om werkloosheid onder die jeug te bekamp deur by te dra tot die ontwikkeling van jong produsente , spesifiek in die Noordwes .
44
SENWES SCENARIO | WINTER 2018