Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 22

NUUS

Senwes Equipment vind tuiste in die Oos-Kaap

Die groot nuus het gebreek dat Senwes Equipment die Oos-Kaap betree het , en vanaf 2 tot 4 Mei 2018 het Senwes Equipment nie minder nie as drie takke amptelik geopen , naamlik Aliwal-Noord , Ugie asook Oos-Londen .
� Deur Aubrey Kruger

Met ’ n totaal van 300 produsente en gaste , 100 by elk , wat die openings bygewoon het , was die boodskap duidelik dat Senwes met mening hier is om ’ n werklike verskil te maak - ’ n landboumaatskappy wat al 109 jaar in die bedryf is sedert hulle in 1909 hulle deure geopen het .

Die bestuurspan van Senwes hoofkantoor in Klerksdorp was ook teenwoordig om hulle betrokkenheid te wys . Senwes Groep Hoof Uitvoerende Beampte ,
Die opening van die Oos-Londen-tak ! Hier is Riaan Grobler ( Oos-Londen Tak bestuurder ), Pieter Malan ( Uitvoerende Bestuurder : Senwes Grainlink ), Daan Hugo ( Besturende Direkteur : Certisure ), Charl Woodstock ( Produsent in die area ), Pieter Swart ( Uitvoerende Bestuurder : Senwes Credit ), Guy Rensburg ( produsent in die area ) en Martin van Zyl ( Uitvoerende Bestuurder : Innovasie en Geïntegreerde Oplossings by Senwes ).
Francois Strydom , het in sy toespraak beaam dat Senwes juis as gevolg van uitbreidings soos hierdie in die Oos-Kaap gegroei het en dat dit altyd ’ n voorreg is om met klante besigheid te doen . Met dié nuwe takke , wat al vanaf 2016 en 2017 in bedryf is , het Strydom beaam : “ Ons glo dat werklike uitbreiding nie bewys en gedemonstreer word deur openingseremo nies nie , maar deur werklike beleggings in bates , voorraad en personeel met kennis . Dit is geen kuns om ’ n produk of diens aan ’ n klante te verskaf nie . Maar dit is wel ’ n kuns om oplossings aan klante te verskaf .”
“ Praat is maklik . ’ n Klant glo jou eers as hulle sien dat jy groot beleggings op ’ n volhoubare manier in hulle gemeenskap doen . As jy deel raak van die gemeenskap , in vaste bates , in voorraad en veral personeel . Want dit is al wat jou in staat stel om besigheid te doen ,” het Strydom laastens genoem .
Uitvoerende Bestuurder van Senwes Equipment , Ferdie Pieterse , vertel dat hierdie drie takke deel vorm van ’ n totaal van 18 werkswinkels landswyd met 165 personeel , 61 tegnikuste , 28 vakleerlinge en 52 diensvoertuie , asook 27 takke waar onderdele beskikbaar is .
Opening van die Senwes Equipment-tak in Aliwal-Noord ! Hier is Corné Kruger ( Senwes Hoof Finansiële Beampte ), Charles van der Spuy ( Produsent ), Ferdie Pieterse ( Senwes Equipment : Uitvoerende Bestuurder ), Nelis van Heerden ( Senwes Equipment Takbestuurder : Aliwal-Noord en Ugie ), Kane Prinsloo ( Produsent ) en Francois Strydom ( Senwes Hoof Uitvoerende Beampte ).
20
SENWES SCENARIO | WINTER 2018