Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 18

AREAFOKUS Meer as net die N12 in Wollies Wees nou eerlik. Wat weet jy van Wolmaransstad, buiten dat dit op die N12 geleë is?  Deur Aubrey Kruger W el, in die begin was Wolma­ ransstad en die omliggen- de omgewing bekend vir skaapboerdery. Maar die dorpie op die gewilde N12 skatkisroete, wat van Johannesburg tot in die Kaap strek, is selfs nou vir baie Suid-Afrikaners net ’n kolletjie op die padkaart onderweg na hulle eindbestemming elders. DIE ONTSTAAN VAN DIE DORP Maak jou reg vir ’n Noordwesles. Die dorp is sowat 80km van Klerksdorp en 56km van Bloemhof en reeds in 1888 op die Rooderand en Vlakfontein plase uitgelê en is drie jaar later, in 1891, as dorp verklaar is. En nee, dis nie wol nie. Wolmaransstad is vernoem na Jacobus M.A. Wolmarans, ’n destydse raadslid. Interessant. VAN GRAANDORP TOT SPIERWIT SPROKIESLAND Wolmaransstad is eerstens ’n graandorp, met mielies en sonneblom wat hoofsaaklik hier geproduseer word. Plaaslikes vertel dat, soos in ander dele van die land, hulle ook deesdae baie meer sojabone produ- seer, vanweë die mieliepryse, terwyl ander weer ’n bietjie skrikkerig is vir dié gewas. Vars nuus is dat die dorp dalk binne- kort in ’n spierwit sprokieswêreld omskep gaan word, met katoen wat weer sy kop uitsteek met die heel eerste katoenstrip- per in die Senwesbedieningsgebied, ’n John-Deere CS690, wat hier deur die Schweizer-Katoengroep aangeskaf is. 16 SENWES SCENARIO | WINTER 2018 BEKENDE BAKENS OP DIE DORP Die Makwassiespruitbrug is die lewens­ aar van die gebied en dit het menigte in 2017 net weereens besef toe die spruit na deurdringende reën sy walle oorstroom het, en die inwoners van die res van die land afgesny was. Die Biltongden is ’n bekende stop en reg langs die rivier die kry jy die De Wijnwinkel en Brouery van Gert en Wilna Jacobs met talle wyne en waar jy ook kan proe aan van die ander lekkernye wat die apteker op die dorp vir jou kan opdis. ’n Bietjie verder af kry jy die nostal- giese Thomas Leask Gastehuis, waar oudpresident Paul Kruger soms tuis- gegaan het. Die Leasks was juis die eerste besigheidspersone op die dorp. In die middel van al die rooi kettingwin- kels op die dorp, is daar ’n gedenkplaat wat selfs die ervare geskiedkundige dalk kan mis. Dit gedenk die eerste Transvaalse sendingstasie wat in 1822, 15km vandaar op die plaas Witpoort, geleë was. Eerwaarde S. Broadbent en eerwaarde T.L. Hodgson, Wesleyaanse sendelinge, was die eerste westerlinge oor die Vaalrivier. Dan sal jy ook baie diamantmyne in die omgewing vind waar kopers van heinde en verre kom om ons gesogte edelgesteentes aan te skaf. Ons fokus- produsent, Buks van Wyk, is juis een van hierdie delwers. KERKE Soos gebruiklik is kerke ook in ons fokus. Die NG Kerk op die dorp is deur die beken­de argitek Gerard Moerdijk ontwerp, wat ook die Voortrekkermonument ont- werp het, asook talle ander kerkgeboue in die land. Die Hervormde Kerkgebou is ook al sedert 1954 daar. Die vorige kerkgebou is as flieksaal gebruik voor dit gesloop is. Skoolgewys is daar ook ’n belang­ rike jaarlikse gebeurtenis - die FNB Classic Clash tussen die Hoërskool Wolmaransstad op die dorp en hulle eweknie in Klerksdorp, Hoërskool Schoonspruit. BEKENDES VAN DIE GEBIED Die ou toekomsvoorspeller, Siener van Rensburg en sy familie, is van die gewes­ te en indien jy moeite wil doen, is die Siener van Rensburg begraafplaas verse- ker ’n moet. Dan is oud-politikus Brand Fourie ook van die gebied. DIE HINTERLAND TAK Nog ’n W in Wollies is Willem Spies, die takbestuurder by die Hinterland tak, waar hy en sy 23 personeellede hard besig is om Wollies in ’n Senwes en Hinterland paradys te omskep. Daar is al die afgelope 12 jaar ’n Senwes Equipment-tak op die dorp geleë. Winkelgewys het hulle ses jaar gelede begin handel dryf en in Augustus 2017 is ‘n area van slegs 32m² vergroot tot 170m². Daar wag nog groot dinge op ons klante wanneer die nuwe tak in 2018 geopen word. NUWE TAK Personeel kan nie uitgepraat raak oor die nuwe tak nie. Hier word die winkelarea